Die be­plan­ning

Tuis - - LESERHUIS -

Ter­wyl hul­le saans sit en kyk het hoe hul kamp­vuur se vlam­me teen die bak­krans weer­kaats, het Jo­han en A­net­te se dro­me van ’n na­week­huis be­gin vorm aan­neem. Vir die Du P­ree­zs was een ding on­on­der­han­del­baar: Hul­le wou nie die om­ge­wing ver­steur deur die be­staan­de voet­spoor te ver­groot nie. Wat hul­le ook al sou bou, moes in die be­staan­de struk­tuur se ruim­te pas.

Net so­wat 5% van die plaas is on­der rooi­bos. Die res is ’n kri­tie­ke bi­o­di­ver­si­teits­ter­rein en on­ver­steur, iets wat die Du P­ree­zs net so wou hou. Voor­dat hul­le daar­aan sou dink om ’n bak­steen neer te sit, het hul­le die De­par­te­ment van Na­tuur­be­wa­ring ge­raad­pleeg. “Hul­le het spe­si­aal kom kyk, en was te­vre­de dat ons op die be­staan­de, reeds ver­steur­de ter­rein kan bou,” ver­tel A­net­te.

Hier­na het ver­al A­net­te, wat haar eie kom­mu­ni­ka­sie­fir­ma be­stuur, haar ver­diep in na­vor­sing oor al­ler­lei om­ge­wings­vrien­de­li­ke en pas­sie­we bou­me­to­des (sien oor­kant). Vroeg in 2016 was hul­le slag­ge­reed met hul nu­we ken­nis en plan­ne waar­mee hul vrien­din en ar­gi­tek­te­ke­naar, I­re­ne le Roux, hand by­ge­sit het. Maar dis hier waar die een bou­er ná die an­der koue voe­te ge­kry het. Tot­dat “Oom Daan­tjie van V­re­den­dal” op die to­neel ver­skyn het …

Dit was by ene Blik­kies van die V­re­den­dal Bou­mark dat A­net­te van oom Daan­tjie – sy vol­le naam is Da­nie Sloet – ge­hoor het. “Hy het glo nog nooit ge­skrik vir ’n uit­da­ging nie,” ver­tel A­net­te. “Hy was die e­nig­ste bou­er wat kans ge­sien het vir ’n pro­jek son­der e­lek­tri­si­teit. Boon­op sou hy en sy span on­der ’n an­der bak­krans na­by ons huis moes kamp.”

Da­nie se a­rends­oë en ver­sa­me­ling riem­pie­stoe­le ge­du­ren­de die bou­e­ry sal sy nooit ver­geet nie. Waar hul­le hul­le let­ter­lik in rot­se vas­ge­loop het en van I­re­ne se plan­ne moes af­wyk, kon hy voor­stel­le maak. “Da­nie het so van riem­pie­stoel­tjie na riem­pie­stoel­tjie deur die ver­trek­ke ge­ro­teer, ter­wyl hy die werk met a­rends­oë on­der­soek het. ’n Mens kon som­mer sien hoe die bou­s­pan a­sem op­hou, on­se­ker of hy gaan af­haak met ‘breek af en doen oor’, of aan­skuif.”

Die ver­voer van die groot skuif­deu­re vir die leef­ver­trek was een van die groot­ste uit­da­gings, ont­hou A­net­te. “Go G­reen, die ver­skaf­fer, het tot op die plaas ge­kom met die deu­re – en in die pro­ses so am­per-am­per hul sleep­wa se as ge­breek. My broer, Ti­no, kon dit die laas­te ent met sy bak­kie sleep dank­sy ’n e­we­naar­slot en spe­si­a­le ban­de. Ti­no was vol­tyds daar as pro­jek­be­stuur­der. Hy moes el­ke na­week vir ons wys wat deur die week ge­doen is, en dan weer ná die na­week ons wen­se aan die bou­er oor­dra.”

Die an­tie­ke S­pong Lon­don No. 2-kof­fie­meul, ’n ge­skenk van A­net­te se broer, Ti­no S­mith, word el­ke dag ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.