Pap wiele en ’n hart­aan­val

Tuis - - LESERHUIS - [ AARD­SE LEEFWYSE]

Teen A­pril 2016 het ’n heel leef­ba­re huis ge­staan, maar nie son­der haak­plek­ke soos ver­skeie pap wiele, die be­ska­dig­de as, ’n af­ge­skryf­de wiel­vel­ling, et­li­ke gif­ti­ge slan­ge en oom Da­nie se hart­aan­val nie (hy het ge­luk­kig mooi her­stel).

Die Du P­ree­zs ver­wys graag na hul weg­breek­plek as hul “grot­huis”. Wan­neer jy ag­ter uit­stap, is dit as­of die huis sy arms wyd uit­strek na die on­ge­loof­li­ke uit­sig oor ’n val­lei na die wes­te­kant.

Ook al die de­kor is goed deur­dink. “Hier­die be­son­der­se plek het ge­vra vir ’n spe­si­fie­ke aan­slag en re­spek vir die kon­teks – die rots, na­tuur­skoon, en ou­wê­reld­se plaas­ge­voel,” ver­dui­de­lik A­net­te.

Waar hul­le nou die uit­sig kan ge­niet ter­wyl nog ’n nu­we jaar wink, is daar min wat hul­le anders sou doen. “Ons het oor die klein­ste de­tail eers mooi na­ge­dink en me­kaar se ver­skil­len­de op­sies oor­weeg voor ons op iets be­sluit het,” ont­hou Jo­han. “Dit be­te­ken die he­le huis is ‘ons’ huis, eer­der as net een van ons se ont­werp en smaak.”

En die heel lek­ker­ste van hier kui­er? “Om un­plug­ged te wees,” ant­woord Jo­han son­der hui­we­ring. En dan raak A­net­te po­ë­ties oor die win­ter se goue mid­dag­lig: “Ter­wyl groot de­le van die plaas reeds in diep ska­du lê, glip die laat­mid­dag­son in, gee die rots­muur le­we en om­vou my in ’n laas­te bie­tjie hit­te …”

En dís waar­oor die grot­huis gaan. Hy koes­ter jou tot jy so rus­tig is dat jou ge­dag­tes ver draaie loop.

taƚer, krag en Ě­rei­ne­ring

,ier is geen e­lek­tri­si­teit of mu­ni­si­pa­le diens­te soos wa­ter­voor­sie­ning en ri­ool­stel­sels nie. “'e­luk­kig is hier al­tyd ’n bie­tũie wa­ter in die stroom­pie. Kns het ’n 1 000-li­ter-re­ën­wa­ter­tenk en oor­weeg dit om nog een te kry.”

tarŵ ǁaƚer

Jo­han en di­no het self ’n goed­koop son­krag-wa­ter­ver­war­ming­stel­sel ge­bou. “Die stel­sel is pas­sief; daar is geen pomp nie, net ’n swart pyp van 300 m lank op die dak en ’n 260-li­ter-tenk. Die wa­ter in die pyp word deur die son ver­hit. Warm wa­ter sit uit en be­weeg boon­toe, na die tenk. Die kou­er wa­ter on­der in die tenk vloei te­rug na die pyp, en so word die pro­ses her­haal,” ver­dui­de­lik Jo­han. “’n Vlot­ter­klep sluit die toe­vloei af wan­neer die tenk vol is. /n die so­mer word die wa­ter ont­set­tend warm, en selfs in die win­ter het ons op son­skyn­dae lek­ker warm wa­ter. Vir be­wolk­te dae is daar ’n gas­gei­ser.”

Son­krag, gas en be­lig­ting

“Kns het net ’n los­staan­de 80W-son­pa­neel waar­mee ons ons krag­ge­reed­skap se bat­te­rye her­laai; ons kop­pel ook die klein nge­lys­kas­sie daar­aan. Die gro­ter ys­kas werk met gas. Vir be­lig­ting kom ons klaar met son­fles­se, gas­lam­pe, ker­se en pa­raf­fien­lam­pies.”

rei­ne­ring en ri­ool

“Die was­bak­ke en stort loop bloot bui­te aan die val­lei se kant uit, daar­om ge­bruik ons eko-vrien­de­li­ke skoon­maak­mid­dels en toi­let­wa­re. Die toi­let­te se spoel­wa­ter gaan na ’n sep­tie­se tenk wat voor die huis on­der die grond in­ge­bou is.” хх

Die hoof­slaap­ka­mer is die warm­ste in die win­ter dank­sy die sand­steen-rots­mas­sa. A­net­te het op wit lin­ne be­sluit as ’n lig­te kon­tras met die swaar klip. “Na ge­lang van die sei­soen en lig ver­an­der die rots se kleur. As die kers­lig daar­op speel, ver­beel ek my ek is ’n grot­be­wo­ner – we­lis­waar van ’n baie ge­rief­li­ke grot!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.