’n Groot s­kuif

Tuis - - LESERHUIS -

Hen­ry het ’n B­rit­se pas­poort en met die oog op B­rex­it, wat huis­koop in G­rie­ke­land dalk kan kom­pli­seer, het die paar­tjie in 2017 be­sluit om in ’n huis te be­lê. So ’n stap hou wel heel­wat bu­ro­kra­tie­se romp­slomp in vir nie-in­wo­ners van die Eu­ro­pe­se U­nie, maar dis nie on­moont­lik nie.

“’n Eien­doms­a­gent het ons ’n paar hui­se op Plo­ma­ri ge­wys wat ons nie ge­val het nie. Toe, op ’n dag, wys die a­gent ’n klein plaas­huis knus tus­sen die o­lyf­bo­me aan die an­der kant van die val­lei uit wat die vol­gen­de jaar in die mark sou kom,” ver­dui­de­lik Sal­ly. “Dit was klein ge­noeg dat ons dit op ’n knap be­gro­ting sou kon be­har­tig, daar­om het ons ’n jaar la­ter te­rug­ge­keer, vuur en vlam om te koop – net om te hoor die plek het reeds ’n nu­we ei­e­naar. Ons was ver­slae! Tot ons ver­lig­ting het die a­gent ’n paar dae la­ter laat weet die ei­en­dom is weer be­skik­baar.”

Bin­ne was die huis ’n “deur­me­kaar­spul”, soos Sal­ly dit be­skryf. Die boon­ste ver­die­ping het be­staan uit ’n gang en vier piep­klein ver­trek­ke – elk ’n an­der hel­der kleur ge­verf.

“On­der was ’n skuur vir die­re en pak­plek vir plaas­ge­reed­skap,” sê sy. “Maar Hen­ry was ge­ïn­spi­reer deur die po­ten­si­aal en oor ’n glas ou­zo of t­wee het ons be­sluit om te koop.” Sal­ly en Hen­ry was so op­ge­won­de, maar daar het ’n paar ver­ras­sings op hul­le ge­wag ... >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.