Mooi­maak in haar bloed

Tuis - - LESERHUIS -

Met die bou­werk klaar, kon Na­di­ne vrye teu­els gee aan haar de­kor­styl, wat sy as ’n e­klek­tie­se kom­bi­na­sie van “oud en nuut kleur­vol saam­ge­flans” be­skryf. “Ek gooi ’n klomp goed saam, staan dan weg en as dit op ’n afstand vir my mooi lyk, dan los ek dit so!”

Sy glo haar lief­de vir mooi­maak en de­kor kom van haar oor­le­de ma, Ma­rie­tha van Wyk. “As kind was geld maar aan die min kant, maar my ma het ons huis met al­ler­han­de slim plan­ne in ’n mooi, ge­sel­li­ge tuis­te om­skep,” ver­tel sy. “Ek ont­hou hoe sy by die bi­bli­o­teek por­tret­te uit­ge­neem het en ge­du­rig die meu­bels rond­ge­skuif het; dit het el­ke keer anders ge­lyk as jy by die huis in­stap. Ek het my lief­de vir meu­bels s­kuif by haar ge­ërf – tot my man se er­ger­nis!” sê sy lag­gend.

Ge­luk­kig deel P­hi­lip haar pas­sie vir mooi­maak. “Sy han­de staan vir niks ver­keerd nie en hy werk su­per­ne­tjies. Hy het ’n baie goeie oog en ek weet al­tyd: As hy help, gaan my pro­jek pre­sies uit­kom soos ek daar­van hou.”

[ NA­DI­NE SE WEN­KE]

• doet­sƉot­jies verf is goed­kooƉ en Ɖer­fek vir k­lei­ner meu­bel­stuk­ke. • ink nuut oor ǁat jLJ he­t͗ ’n ,oeƉel kan ’n krans ǁord teen jou voor­deur, en ’n ta­fel­doek ’n tref­fen­de muur­be­hang­sel.

• Vol­tooi een ver­trek met jou mooiste en duur­saam­ste ar­ti­kels tot­dat jLJ te­vre­de is met die ge­heel. it helƉ nie jLJ het ses mooi stuk­ke ǁat tus­sen ses ver­trek­ke ver­sƉ­rei is en nġ­rens ’n imƉak maak nie.

• Zaak ont­slae van meu­bel­stuk­ke ǁat geen doel dien nie en skaf eer­der iets in sLJ Ɖ­lek aan ǁat ǁĠrk.

• Daak skoon en aan die kan­t͗ ikǁels is jou huis som­mer klaar mooi as jLJ eers net­jies ge­maak en die ǁar­boel ǁeg­geǁerk het.

KOM­BUIS Ou­ma se pot­terak spog met blik­kies wat van ver­skeie tan­tes, ou­mas en ma’s kom. Art De­co-kas en wa­ter­ban­kie van Odds & Ends Cot­ta­ge An­ti­ques; spie­ëls van @ho­me en MRP Ho­me GASTEBADKA­MER Die oor­spronk­li­ke vloer is net so be­hou om­dat Na­di­ne en P­hi­lip van die re­tro-ge­voel hou. Hul­le het op ’n swar­ten-wit-voor­koms be­sluit, maar met ak­sent­kleu­re. P­hi­lip het die hand­doek-leer uit ko­per­py­pe ge­maak. Vir die mu­re bo die te­ëls is t­wee ver­skil­len­de kleu­re blou by­me­kaar­ge­gooi.

GAS­TE­KA­MER Dié ta­fel­tjie was al el­ke denk­ba­re kleur, maar spog tans met ’n la­gie Du­lux Pink Ne­va­da. Dit staan mooi uit teen die plak­pa­pier van Her­tex.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.