Tuin­maak in die nu­we de­ka­de

Vang re­ën­wa­ter op

Tuis - - RAAD -

Tuin­maak-mo­des vir 2020 is ’n voort­set­ting van vo­ri­ge ja­re s’n – ons ver­sterk ons band met die na­tuur, skep ha­bi­tat­te vir wil­de die­re en ver­nu­we die grond.

Die kring-e­ko­no­mie, ’n groot nei­ging vir 2020, ver­wys na die ver­min­de­ring van ver­mor­sing en die bes­te be­nut­ting van hulp­bron­ne deur te her­ge­bruik, ver­min­der en her­win. Hoe kan jy die kring-e­ko­no­mie in jou huis­li­ke om­ge­wing in­kor­po­reer?

Volg dié wen­ke:

• Ver­min­der die be­hoef­te aan lug­ver­sor­ging deur blad­wis­se­len­de bo­me te plant – dit gooi ska­du­wee op ge­boue in die so­mer en laat son­lig in die win­ter deur.

• Her­ge­bruik wa­ter uit die bad, stort, hand­was­bak en was­ma­sjie­ne (ge­bruik bio-af­breek­ba­re seep wat nie fos­faat en boor be­vat nie) vir jou tuin­be­sproei­ing deur ’n grys­wa­ter­stel­sel te in­stal­leer. • Ver­min­der ge­mors op stor­tings­ter­rei­ne deur kom­pos te maak van groen kom­bui­sen tuin­af­val, af­ge­wis­sel met lae droë ma­te­ri­aal (tak­kies, bla­re en koe­rant­pa­pier). Wan­neer dit tot kom­pos af­ge­breek het, kan jy dit by die grond in­werk om die grond se ge­hal­te te ver­be­ter; of strooi dit as de­klae. • Her­win ou pa­let­hout vir ver­he­we plant­bok­se. Af­ge­leef­de tuin­meu­bels kan ook weer splin­ter­nuut lyk met ’n laag verf. • Be­waar wa­ter vir droë tye – vang en stoor re­ën­wa­ter deur wa­ter­tenks met jou geut­py­pe te ver­bind.

• Vang af­loop-re­ën­wa­ter op deur wa­ter­vloei van har­de op­per­vlak­ke soos in­rit­te, paad­jies en ge­pla­vei­de ge­bie­de te ver­traag; her­lei dit na laag­lig­gen­de ge­bie­de waar wa­ter sta­dig by die grond sal in­sy­pel.

Her­win pa­let­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.