Don­sie­bos

Tuis - - RAAD -

Die Se­ne­cio bar­ber­to­ni­cus is ’n me­di­um-hoë bos­se­ri­ge struik wat ge­wild is weens die dun, vin­ger­ag­ti­ge bla­re en nog be­lang­ri­ker, sy oor­vloed geel blom­me in die win­ter, wat kos vir in­sek­te bied. Dit is en­de­mies in die ryp­vrye ge­bie­de van die Ho­ë­veld en sub­tro­pie­se M­pu­ma­lan­ga en K­waZu­lu-Na­tal.

K­week dit só Die bos groei op droë, san­de­ri­ge plek­ke, as­ook in ge­wo­ne tuin­grond wat goed drei­neer. Plant in vol­son tot half­ska­du en on­der bo­me, of laat dit uit­sprei oor rots­riw­we. Plan­te kan ge­snoei word om ’n ne­tjie­se struik­vorm te be­hou. Dit sal lig­te ryp oor­leef en vaar die bes­te waar dit be­skut is. Die plant is droog­te­be­stand en kan een keer el­ke t­wee we­ke in die so­mer nat­ge­maak word. Moe­nie in die win­ter nat­maak nie – die plant sal by die basis ver­rot. K­week nu­we plan­te in die laat­len­te of so­mer van steg­gies. Laat die steg­gie t­wee we­ke lank uit­droog voor jy dit in die grond of in ’n pot sit.

Ge­brui­ke in die tuin K­week dit as ’n me­di­um-hoë hei­ning wat ge­snoei kan word of as struik­ag­ti­ge plan­te ag­ter in ’n vet­plant-bed­ding. Dis die i­de­a­le plant vir ’n na­tuur­vrien­de­li­ke tuin om­dat sy blom­me die vol­was­se nek­tar­vre­ten­de Son­dags­rok­kie-skoen­lap­per (Va­nes­sa car­dui) lok. Dit groei ook mak­lik in die huis in hel­der, in­di­rek­te lig en met die mi­ni­mum wa­ter.

Het jy ge­weet? Al kom Se­ne­cio bar­ber­to­ni­cus wyd voor, kry dit sy naam van Bar­ber­ton in M­pu­ma­lan­ga. Dit is in dié om­ge­wing waar die y­we­ri­ge ver­sa­me­laar (en ban­kier) Er­nest Ed­ward Gal­pin die oor­spronk­li­ke mon­ster tus­sen 1889 en 1892 ge­vind het.

Al­ge­me­ne pro­ble­me Ou ste­le is ge­neig om le­lik en hout­ag­tig te raak. Ver­vang plan­te ná vyf sei­soe­ne. KON­TAK N­ge­na Succu­lents; e-pos [email protected]­ge­na.a­fri­ca

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.