Lak­sa-noedels

Vir hier­die blits­vin­ni­ge ete kan jy ei­er- of glas­noe­dels saam met die roer­braai ge­bruik.

Tuis - - RAAD -

Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

• 45ml se­sam­o­lie

• 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­kap

• 2cm gem­mer, ge­skil en fyn­ge­kap

• 1 brand­ris­sie, ont­pit en fyn­ge­kap

• ’n bos­sie kol­jan­der, bla­re en stin­gels a­part ge­kap • 30ml lak­sa- of rooi ker­rie­pas­ta (of na smaak)

• 200g mi­ni-hoen­der­bors­fi­let­te, elk in d­rie stuk­ke ge­sny

• 12 steurgarna­le, af­ge­dop en skoon­ge­maak

• 200g peu­ler­tjies, fy­ner ge­kap

• so­wat 250ml klap­per­melk

• 4 nes­sies ei­er­noe­dels, gaar­ge­maak vol­gens die aan­wy­sings op die pak­kie

• 125ml grond­boon­tjies, grof­ge­kap

• 250ml wit boon­tjie­sprui­te

• lem­me­tjie­wig­gies vir voor­sit

1 Ver­hit die o­lie in ’n wok en braai die knof­fel, gem­mer, die mees­te van die ris­sie, en die kol­jan­der­stin­gels. Voeg die ker­rie­pas­ta by en braai nog ’n paar mi­nu­te tot geu­rig.

2 Roer nou die hoen­der en steurgarna­le by en braai so­wat 3 mi­nu­te. Hou dop en roer soos no­dig om se­ker te maak die hoen­der braai bruin ter­wyl die steurgarna­le hel­der­pienk word en om­krul.

3 Voeg die ert­jies en klap­per­melk by en laat prut nog ’n paar mi­nu­te tot jy se­ker is die hoen­der is gaar.

4 Ver­deel die noedels tus­sen vier bak­kies en skep die sou­se­ri­ge roer­braai bo-op. Strooi die kol­jan­der­blaar­tjies, o­ri­ge brand­ris­sie, grond­boon­tjies en boon­tjie­sprui­te oor. Sit voor met die lem­me­tjie­wig­gies. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.