Geel­stert met vin­kel, le­moen en ’n klas­sie­ke bot­ter­sous

Tuis - - RAAD -

Vra jou vis­ver­ko­per om die vis vir jou te be­werk – ge­krap, kop af en oop­ge­vlek so­dat die vis soos ’n drie­hoek lyk, reg om te vul en oor die ko­le te braai.

Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 40 mi­nu­te Gaar­maak­tyd (sous): 10 mi­nu­te

Braai­tyd (vis): so­wat 18 mi­nu­te

• 15ml o­lyf­o­lie

• 1 klein vin­kel­bol, fyn­ge­kap

• 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap

• 1,3kg geel­stert, ge­vlek

• 1 nar­tjie, in dun sky­fies ge­sny

• so­wat 60ml bot­ter

• geel­rys vir voor­sit

SOUS

• 1 klein ui, fyn­ge­kap

• 30ml suur­le­moen­sap

• 45ml wit­wyn

• 60ml room

• 250ml koue bot­ter, in blok­kies ge­sny

1 Ver­hit die o­lie en braai die vin­kel ’n paar mi­nu­te tot­dat dit be­gin sag word. Roer die knof­fel by en braai nog ’n mi­nuut. Laat af­koel.

2 Sit die vis met die vel­kant na on­der op ’n kap­plank en rang­skik die nar­tjie­sky­we en gebraaide vin­kel en knof­fel in die leng­te oor een helf­te van die vlees, stip die vin­kel met die helf­te van die bot­ter en vou die vis bo-oor die vul­sel toe. Sny met ’n skerp mes d­rie ke­pe in al­bei vel­kan­te van die vis; vryf die o­ri­ge bot­ter in die ke­pe*. Jy kan die vis toe­bind met tou, maar ’n toe­klap- of mand­jie­roos­ter help ook om die vis by­me­kaar te hou.

3 Braai nou die vis so­wat 5 mi­nu­te aan die een kant oor ma­ti­ge tot warm ko­le; her­haal aan die an­der kant. Braai nog so­wat 5–10 mi­nu­te tot gaar (na ge­lang van jou vuur en die dik­te van die vis) en ge­bruik jou oor­deel met die draai­e­ry om se­ker te maak die vel brand nie te veel nie. As jy on­se­ker is, toets ’n stuk­kie – die vlees moet wit wees en vlok wan­neer jy ’n vurk daar­in steek.

4 Maak die sous Sit die ui, suur­le­moen­sap en wyn in ’n klein ka­strol en kook tot met die helf­te in­ge­damp. Roer die room by en kook vir ’n mi­nuut of t­wee. K­lits nou die bot­ter­blok­kies een vir een by; laat ge­noeg tyd tus­sen by­voe­gings dat die bot­ter lek­ker kan in­smelt. Giet die sous deur ’n sif om die uie te ver­wy­der en giet in ’n bak­kie.

Geur na smaak met sout en pe­per en sit voor saam met die vis en geel­rys.

*Die ke­pe help dat die bot­ter die vleis lek­ker be­druip en sap­pig hou; jy kan ook on­der die vel in­loer en oor­deel hoe gaar die vis is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.