Tu­na­pas­ta met ris­sie

’n S­taat­ma­ker­re­sep met ge­blik­te tu­na vir wan­neer vrien­de in­val. Die re­sep ver­meer­der mak­lik. Sit dit voor met vars ba­guet­tes en ys­koue wit­wyn.

Tuis - - RAAD -

Ge­noeg vir 6 • Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: roos­ter

• 30ml goeie o­lyf­o­lie

• 1 klein ui, fyn­ge­kap

• 1 knof­fel­hui­sie, ge­kap

• 3 an­sjo­vis­sies in o­lie, ge­drei­neer en ge­kap

• 100g swart o­ly­we, ont­pit en ge­hal­veer • 60ml vars plat­blaar­pie­ter­sie­lie, ge­kap • 1–2 rooi brand­ris­sies, ont­pit en ge­kap • 15ml klein kap­per­tjie­sa­de

• 60ml ta­ma­tie­pu­ree

• 2 blik­ke (400g) ge­kap­te tamaties • 30ml suur­le­moen­sap, of na smaak

• 3 x 170g-blik­kies tu­na, ge­drei­neer • so­wat 125ml room

• 400g pen­ne-pas­ta

• ge­ras­per­de par­me­saan­kaas vir voor­sit

1 Ver­hit ’n groot oond­vas­te pan en giet die o­lie daar­in. Braai die ui, knof­fel en an­sjo­vis tot­dat die ui glan­send en sag is. Roer die o­ly­we, pie­ter­sie­lie en ris­sie by. Roer­braai ’n paar mi­nu­te en roer dan die kap­per­tjie­saad by; braai tot bros.

2 Voeg die ta­ma­tie­pu­ree, ge­blik­te tamaties en suur­le­moen­sap by. Spoel ’n ta­ma­tie­blik uit met so­wat 125 ml wa­ter en voeg dit ook by die sous. Laat prut so­wat 5 mi­nu­te. Sit in­tus­sen sout­wa­ter in ’n ka­strol op die stoof om die pas­ta in te kook.

3 Roer die tu­na en die room by die sous en ver­warm oor lae hit­te son­der dat dit kook. Geur na smaak met sout en pe­per.

4 Kook die pas­ta vol­gens die aan­wy­sings op die ver­pak­king tot am­per al den­te (so­wat 8 mi­nu­te). Drei­neer en meng deur die sous in die pan. Voor­ver­hit die oond se roos­ter­e­le­ment.

5 Strooi die kaas oor die pas­ta en druk die pan vir ’n paar mi­nu­te on­der die roos­ter­e­le­ment tot­dat die kaas s­melt (niks meer as 5 mi­nu­te nie, anders word die pas­ta oor­gaar). Sit da­de­lik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.