Bros vis­vin­gers

Tuis - - RAAD -

Dié geu­ri­ge hap­pies is ewe lek­ker met aar­tap­pel­sky­fies en aioli (knof­fel­ma­yon­nai­se, re­sep links) of in ’n ta­co of tor­til­la ge­vou saam met blok­kies a­vo­ka­do, vars slaai en ’n pi­kan­te sou­sie. Be­sluit self.

Ge­noeg vir 4 saam met sky­fies Be­rei­dings­tyd: 40 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

• 250ml kar­ring­melk

• ’n knip­pie elk pa­pri­ka en ker­rie­poei­er • 4 por­sies ferm wit vis, elk in 4 sta­fies ge­sny

• 250ml bruis­meel

• 3ml bak­poei­er

• o­lie vir braai

1 Geur die kar­ring­melk met die spe­se­rye en ’n ruim kny­pie sout en laat die vis 15 mi­nu­te lank daar­in lê.

2 Meng die meel en die bak­poei­er en skep t­wee eet­le­pels van die kar­ring­melk waar­in die vis lê, by; roer tot ’n grow­we, krum­mel­ri­ge meel­meng­sel.

3 Doop nou die vis­vin­gers nat-nat in die krum­mel­ri­ge meel so­dat el­ke vin­ger o­ral­oor daar­mee be­dek is. Hou een­kant en her­haal tot al die vis be­dek is.

4 Ver­hit o­lie so­wat 2 cm diep in ’n ka­strol tot warm. Toets die hit­te met ’n brood­blok­kie: as dit da­de­lik dryf en bor­rel­tjies maak, is die o­lie ge­reed. Braai nou die vis­vin­gers – vier op ’n slag – tot goud­bruin al­kan­te. Drei­neer op kom­buis­pa­pier en her­haal tot al die vis gaar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.