Ta­ma­tie­ri­sot­to

Tuis - - RAAD -

On­der R95 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 40 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 200˚C

• 1 me­di­um­groot ei­er­vrug, in sky­we ge­sny

• 200g murg­pam­poen­tjies, in sky­fies ge­sny

• 200g ker­sie­ta­ma­ties aan stin­gels

• 45ml o­lyf­o­lie

• 15ml elk o­lyf­o­lie en bot­ter • 1 klein wit ui, ge­kap

• 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap • 300 ml ri­sot­torys

• 15 ml ta­ma­tie­pas­ta

• so­wat 1 li­ter groen­te­af­trek­sel

• 125 ml ge­ras­per­de par­me­saan­kaas

• 60 ml den­ne­pit­te (op­si­o­neel) • ’n hand vol ba­si­lie­bla­re

1 Voor­ver­hit die oond. S­prei die ei­er­vrug, murg­pam­poen­tjies en tamaties op ’n bak­plaat uit en sprin­kel die o­lyf­o­lie oor. Geur met sout en pe­per en roos­ter vir 10 mi­nu­te. Draai die groen­te met ’n spaan om en roos­ter nog 10–15 mi­nu­te of tot gaar en sag. Ska­kel die roos­ter­e­le­ment vir die laas­te 5 mi­nu­te aan vir ’n mooi skroei.

2 Sit die o­lyf­o­lie en bot­ter in ’n dik­boom­ka­strol en braai die ui en knof­fel saam daar­in tot glan­send. Roer die rys en ta­ma­tie­pas­ta by en braai ’n paar mi­nu­te tot die rys o­ral­oor met o­lie be­dek is. Voeg 250 ml van die af­trek­sel by en roer tot ge­ab­sor­beer; her­haal t­wee keer en laat prut ná el­ke by­voe­ging – so­wat 20–30 mi­nu­te al­te­saam, tot al den­te (die tyds­duur hang af van die han­dels­merk).

3 Roer die laas­te kop­pie af­trek­sel by as die kor­rels am­per reg is en ver­wy­der van die hit­te. Roer die gaar groen­te, kaas en neu­te by en laat staan vir 5 mi­nu­te. Sit voor met ’n sprin­kel goeie o­lyf­o­lie en ba­si­lie uit jou tuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.