Nu­we le­we vir me­la­mien

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Ma­ri­an van Wyk • Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster

As ie­mand wat met mooi prent­jies in haar

kop rond­stap, kon A­man­da Craddock net nie meer met haar bruin me­la­mien­kas­te saam­leef nie. Toe spring sy in met

die verf­kwas­te ...

As jy kas­deu­re af­skroef, merk hul­le, want hul­le is nooit een­ders nie. So sal el­ke kas weer sy eie deur

son­der moei­te kry. – A­man­da

Die kos­te

Dié kom­buis in die Kaap­se buurt Pi­ne­hurst het sy splin­ter­nu­we voor­koms ge­kry teen net R5 100, waar­van die groot­ste deel – so­wat R4 500 – aan nu­we werk­vlak­ke van es­sen­hout be­stee is. Die pro­jek was be­kos­tig­baar om­dat A­man­da en haar man, Bobby (’n kra­ni­ge hout­wer­ker), al die werk ei­e­han­dig ge­doen het. Bobby het self die groe­we in die me­la­mien­kas­deu­re ge­saag en die werk­vlak­ke ge­maak. Die verf het maar R600 ge­kos. Om­dat die oor­spronk­li­ke deur­hand­vat­sels nog in ’n goeie toe­stand was, kon hul­le dit weer ge­bruik.

Die pro­ses

“Ek is baie lief vir kook en maak mooi prent­jies van al­les,” ver­tel A­man­da. “Die bruin me­la­mien­kas­te en For­mi­ca­werk­vlak­ke het net glad nie vir my ge­werk nie. Ons was skaars d­rie maan­de in die huis toe ek met die verf­kwas­te in­ge­spring het.”

Bobby het eers al die deu­re af­ge­skroef en die deur­hand­vat­sels ver­wy­der, en toe groe­we vir teks­tuur met sy ta­fel­saag in die deu­re ge­sny. Dis nie ’n moei­li­ke taak nie, maar om die groe­we al­mal op die­self­de diep­te te sny, ver­eis ’n re­de­li­ke ken­nis van hout­werk, sê Bobby. Vra ie­mand met die no­di­ge er­va­ring om jou hier­mee te help in­dien no­dig.

A­man­da ( links) is ’n er­va­re ver­wer wat reeds die af­ge­lo­pe 10 jaar meu­bels verf – aan­vank­lik vir haar eie win­kel, en dees­dae as stok­perd­jie. Sy het so­wat d­rie dae aan die deu­re ge­verf.

“Ek het eers die kas­deu­re met huis­hou­de­li­ke skoon­maak­mid­del en warm wa­ter ge­was en dit toe lig­gies ge­skuur voor ek die deu­re met ’n on­der­laag voor­be­rei het. Daar­na het ek d­rie lae van die blou verf met ’n rol­ler aan­ge­wend.”

“Ek is nou só lief, lief, lief vir my kom­buis met sy plaas­ge­voel dat ek som­mer ure hier deur­bring!” sê A­man­da trots oor hul han­de­werk.

1618

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.