Veel­doe­li­ge slaap­ka­mer vir t­wee woel­wa­ters

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Ma­ri­an van Wyk Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster

So ’n veel­doe­li­ge slaap­ka­mer in vro­li­ke k­leu­re is mos groot p­ret. Pa Mi­cha­el Mul­ler het self die bed ge­tim­mer en ma Lisa S­paar­wa­ter het met

die verf­kwas­te laat waai.

Dank­sy hul ver­he­we bed­dens het Mich (7) en Chris­ti­aan (5) baie speel­plek op die vloer. On­der die bed regs is ’n lees­hoe­kie in­ge­rig met laaie daar­on­der. Mat van Mr Pri­ce Ho­me; stoel oor­ge­trek met Farmyard (kleur In­di­go on Sky), ma­tras in lees­hoe­kie oor­ge­trek met Re­tro Ro­ad (kleur Brick on Sky), A­ni­mal Al­p­ha­bet-kus­sings (op reg­ter­kant­se bed) en Farmyard-kus­sings (in lees­hoe­kie) al­les van De­sign Te­am; rooi kom­ber­se van Wool­wort­hs; ste­wels van Pick n Pay Clo­thing

Die kos­te

As ei­e­naar van Lemon & Li­lac Paint Techni­ques kon Lisa heel­wat oor­skiet­verf ge­bruik. Lisa en Mi­cha­el het al die werk self ge­doen en die pro­jek het in 2011 so­wat R5 000 ge­kos.

Die pro­ses

“Wan­nééééér gaan dit klaar wees? Pap­pa vat te lank!” is die woor­de wat Mi­cha­el die mees­te moes hoor toe hy dié ver­nuf­ti­ge bed­dens in 2011 vir sy en Lisa se seuns, Mich (7) en Chris­ti­aan (5), in­ge­bou het. Hul­le het toe in Ob­ser­va­to­ry, Kaap­stad, ge­woon, maar het in­tus­sen S­wel­len­dam toe ver­huis.

“Mi­cha­el het ’n soort­ge­ly­ke kin­der­ka­mer op die in­ter­net ge­sien,” ver­tel Lisa. “Ek is gaan­de oor sul­ke veel­doe­li­ge ruim­tes – hier is baie speel­plek op die vloer, en on­der die bed­dens is on­der­skei­de­lik plek vir huis­werk doen en lees. Dit het ge­help dat ons Vic­to­ri­aan­se huis lek­ker hoë pla­fon­ne ge­had het.”

Mi­cha­el het die hout­werk oor so­wat vier na­we­ke ge­doen. “Dit was meer dink­werk en be­plan­ning as wat dit har­de werk was,” sê hy. Lisa voeg by: “Hy het al­les self ge­doen – met net ’n fi­guur­saag, ’n boor en ’n paar gla­se rooi­wyn!”

Daar­na was dit Lisa se beurt. Sy het eers die mu­re en daar­na die bed­dens ge­verf. “Ek het ná die eer­ste don­ker­der verf­laag (Rich Pra­li­ne 1) báie ge­smel­te kers­was (s­melt ge­wo­ne goed­koop ker­se vir die doel) met ’n kuns­te­naars­kwas­sie al oor die ran­de ge­verf so­dat die vol­gen­de t­wee lae – Dus­ted Moss 2 – nie daar vat­plek kry nie. Dit het die bed­dens ’n ver­weer­de voor­koms ge­gee – i­de­aal vir ’n seuns­ka­mer wat in elk ge­val on­der die krap- en kap­mer­ke van swaar­de en Star Wars- lig­sa­bels gaan deur­loop!”

En toe die bed­dens eers klaar ge­verf is, is dié woor­de die mees­te ge­hoor, ver­al wan­neer maats kom speel het: “Wow, koel, a­we­so­me !”

Het jy ge­weet? Jy kan jou eie teks­tuur­verf maak deur een­vou­dig een deel bou­sand by 10 de­le verf te voeg. Hoe fy­ner die sand, hoe fy­ner sal die

teks­tuur wees. On­der die lin­ker­kant­se bed is sit­plek vir huis­werk doen of ont­byt eet. Ke­ra­mie­kro­bot en Kui­fie-plak­kaat van Ba­ra­ka

BO Lisa en haar kroos knus in die kui­er­hoe­kie vir sto­rie­tyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.