Nerf-af: maak jou eie fo­to­ra­me

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Ash­ley Stem­mett en An­ne­lie Koor­zen Fo­to’s Don­na Le­wis en Christo L­öt­ter

Por­tret­ra­me met ’n ver­weer­de voor­koms gee pren­te en fo­to’s ’n u­nie­ke ka­rak­ter. Ons wys hoe jy dit

self kan doen.

In­ko­pie­lys

• pro­fiel­plan­ke vir die maak van die ra­me; ons het vier ver­skil­len­de plan­ke ge­bruik

• hout­lym

• pe­tro­le­um­jel­lie

• don­ker­bruin skoen­po­li­toer

• a­kriel-pva – ons het wit, grys en blou ge­bruik om by die k­leu­re in die ver­trek in te ska­kel

So maak jy ...

1 Vryf skoen­po­li­toer al met die grein langs in die hout in om dit don­ker­der te maak. Ont­hou dat die was­ag­ti­ge ei­en­skap­pe van die po­li­toer sal keer dat verf aan die hout kleef; dit gaan juis help met die af­skil­fer-voor­koms. ONT­HOU Moe­nie die po­li­toer aan die skuins ran­de (waar die hoe­ke ge­las gaan word) in­vryf nie, want dan sal die lym nie daar kleef nie. 2 Verf die hout met t­wee lae wit verf. LET WEL Die skoen­po­li­toer kan die verf pienk maak; laat die verf droog word en verf nog ’n laag wit verf oor. 3 Wag tot die verf heel­te­mal droog is en vryf ’n e­ga­li­ge laag pe­tro­le­um­jel­lie oor die op­per­vlak. Dit sal keer dat die ge­kleur­de lae verf aan die wit laag kleef, en help om die voor­koms te gee van verf wat kraak en af­skil­fer. 4 Verf nou ’n dun laag grys of blou verf met vin­ni­ge ha­le aan die hout en laat dit goed droog word. 5 Skraap stuk­kies van die blou verf af; skraap ook plek-plek deur die wit verf om die ver­don­ker­de hout daar­on­der te ont­bloot. 6 en 7 Smeer ’n bie­tjie lym aan die skuins ran­de en druk die hoe­ke styf teen me­kaar ter­wyl jy dit van die ag­ter­kant af vas­kram. Laat die raam so on­der­ste­bo lê en sit vir ’n uur lank ’n ge­wig daar­op. Neem die vol­tooi­de raam na ’n glas­han­de­laar en laat sny ’n stuk glas wat in die groef aan die ag­ter­kant pas. Mon­teer die fo­to of prent in die raam en hang dit op.

Nut­ti­ge wen­ke

• P­rent­lys­te is i­de­aal vir die maak van sier­ra­me, want dit het klaar ’n lip­pie aan die vet kant waar­in die glas en mon­teer­bord sal pas. As jy vloer­lys­te of da­do­re­lings ge­bruik, vra die ver­skaf­fer om vir jou ’n 5 x 5 mm-groef aan die bin­ne­rand te saag.

• Werk met die los plan­ke en plak die sye eers aan­me­kaar na­dat die verf­teg­niek vol­tooi is. Dit ver­sterk ook die ou­ten­tie­ke voor­koms.

• As jy meer verf af­skraap van t­wee plan­ke wat teen­oor­staan­de sye gaan word, en jy los die an­der kan­te nes dit is, sal dit lyk as­of die raam uit ver­skil­len­de plan­ke ge­maak is.

• Eks­pe­ri­men­teer met die teg­niek tot jy te­vre­de is met die voor­koms.

An­der ma­te­ri­aal wat jy saam met verf kan ge­bruik vir ’n ver­weer­de voor­koms:

Kers­was Vryf dit tus­sen op­een­vol­gen­de ver­flae oor ver­he­we de­le en ran­de, dan kan die boon­ste laag verf mak­lik af­ge­skraap word ter­wyl die on­der­ste laag ag­ter­bly. Verf­stro­per As jy ’n dun la­gie verf­stro­per aan­wend voor­dat jy eers o­lie­verf en daar­na ’n wa­ter­ba­sis­verf ge­bruik, sal dit bla­sies in die wa­ter­ba­sis­verf­laag laat vorm. Dit kan dan lig­gies met ’n draad­bor­sel ge­skraap word.

Dié ra­me rond die hoe­kie goed af deur­dat dit die af­son­der­li­kee­le­men­te saam­bind.

Ge­reed­skap• verf­kwas en spons­rol­ler • verf­skra­per • kram­ge­weer met kram­me­tjies • sag­te lap of kom­buis­pa­pier

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.