Tuis

Bo tot onder

-

Nadat die Hodgese se tuinier, Xolani Momo, die grond met bousand gelykgemaa­k het, het Michael sementblok­ke met die gladde kant na bo gelê sodat Karen die vloer kon verf en stensil. Sy het die blokke eers ’n laag Plascon True Colour Primer Sealer Undercoat gegee, gevolg deur wit Plascon Floor Paint. Vir die stensil het sy Plascon Wall & All in die kleur Deep Sea Reef gekies en die vloer agterna verseël met helder Duram Showfloor Polyuretha­ne Floor Paint.

Met die vloer klaar, het die paartjie die mure bedek met blou patroonteë­ls en die ruimte ingeklee met tweedehand­se vondste om koste te bespaar: ’n ou enkelbed wat in die garage gestaan het, het ’n dagbed geword; ’n staanskink­bord is geverf en word nou as kanttafel ingespan; en twee rottangsto­ele van ’n stel op hul voorstoep het nuwe staanplek hier gekry.

’n Spieël is in ’n ou vensterraa­m geïnstalle­er om die omliggende groenighei­d te weerkaats en lanterns, mooi potplante, dekens en strooikuss­ings voltooi die prentjie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa