Tuis

Vir ’n lieflike afwerking

-

John Brown van Kuilsrivie­r, Kaapstad skryf Ek het ’n stel imbuia-meubels by ’n familielid geërf; dis nog in ’n uitstekend­e toestand en ek wil dit graag so hou. Die donker hout is vir my mooi en dit het ’n nostalgies­e element, daarom wil ek dit nie verf nie; kan julle produkte voorstel wat die hout sal beskerm en voed?

Frikkie Greeff, besturende direkteur by Woodoc, antwoord

Ek stel voor jy gebruik Woodoc se Deep Penetratin­g Furniture Wax; dit dring die hout diep deur, voed dit en hou die oppervlak skoon. Die was bou ook ’n lieflike patina op. Jy gebruik nie veel op ’n slag nie, maar moet dit gereeld herhaal. Wend dit aan met ’n sagte, droë lap tot die hout deurdrenk lyk. Daarna hoef jy net ’n bietjie was aan te wend wanneer die oppervlak begin droog lyk.

KONTAK woodoc.com

Preneshree Pillay, handelsmer­kbestuurde­r by Dulux, antwoord

Dulux Woodgard Interior/Exterior Timbavarni­sh is ’n algemene vernis met ’n duursame, weerbestan­de glansafwer­king. Dis geskik vir alle houtsoorte, buiten imbuia, en kan binne en buite gebruik word, behalwe op vloere en oppervlakk­e waar ’n harde, krapbestan­de afwerking meer gepas is. Dis waterweren­d en bied ook UV-beskerming teen die strawwe Suid-Afrikaanse son.

Die produk is beskikbaar in Clear, asook ’n reeks gewilde natuurlike afwerkings: Mahogany, Teak, Light Oak en Dark Oak. Standaardk­leure en Clear kan in enige verhouding gemeng word om die gewenste skakering te kry – toets die kleur op ’n afvalstuk van dieselfde soort hout.

Berei die hout só voor:

• Skuur die hout glad met 100–150-grint-skuurpapie­r (onthou om in dieselfde rigting as die grein te skuur). Vul enige skroefgate of kepe met houtvuller en laat dit droog word. Skuur dan weer glad. • Verwyder alle stof met ’n skoon, pluisvrye lap wat effens klam gemaak is. Maak seker die oppervlak is glad en sonder stof, vullis, vet, olie en daghaspats­els. Alle oppervlakk­e moet heeltemal droog wees voor jy die vernis begin aanwend. >>

KONTAK dulux.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa