Tuis

Persiese viooltjie

-

Exacum affine is ’n nuwe soort blomplant vir die huis. Exacum ‘Princess Deep Blue’ het violet-blou blomme met ’n geel middel en vyf blomblare, terwyl die wit variëteit Exacum ‘Princess White’ selfs nog indrukwekk­ender is. Met helder, indirekte lig in ’n koel vertrek in klam (nie deurdrenkt­e) grond sal dit drie tot vier maande lank binnenshui­s blom. Kies ’n plant met heelwat knoppe wat besig is om oop te gaan; dit verleng die blomtyd.

Maak seker jy maak dit nie te nat nie, want vrotpootji­e is ’n probleem – as die blare begin verlep, gee jy te veel water! ’n Goeie idee is om die pot op ’n bord met klippies te sit – dit hou die pot bo die water wat daaruit dreineer, en verbeter terselfder­tyd die humiditeit. KONTAK ballstraat­hof.co.za

 ??  ?? Exacum ‘Princess Deep Blue’ Exacum ‘Princess White’
Exacum ‘Princess Deep Blue’ Exacum ‘Princess White’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa