Le­ser­huis

Dié e­klek­tie­se huis was eers ’n stoor­plek, maar nou is dit ’n ge­sel­li­ge ruim­te vir bin­neen bui­te­kui­ers.

Tuis - - CONTENTS -

Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s El­za Cooper • Stilering A­man­da van Wyn­gaardt

Daar­om het dié dub­bel­ver­die­ping­huis in Mel­vil­le, met sy hout­vloe­re, rus­tie­ke kom­buis, ont­blo­te dak­bal­ke en ro­man­tie­se sol­ders laap­ka­mer hul hart ge­steel. Die ge­mak­li­ke ska­ke­ling tus­sen die leef­a­re­as en kom­buis en, na­tuur­lik, die lief­li­ke stoep met ’n geil tuin rond­om het die tran­sak­sie be­klink.

Dis moei­lik om te glo dat dié kot­huis 13 jaar ge­le­de net as pak­plek op ’n gro­ter ei­en­dom ge­bruik is. Dit was voor die erf on­der­ver­deel en ver­koop is. Trou­ens, die groot­ste ver­an­de­ring wat Li­zel­le en Ni­co ge­maak het, was om die bui­te­mu­re don­ker­grys te verf.

“Ons het nog al­tyd ge­hou van die i­dee van ’n huis met don­ker bui­te­mu­re en ’n groot tuin wat daar­teen uit­staan,” sê Ni­co. Daar­om het die paar­tjie meer in­heem­se plan­te ge­kies.

Bin­ne weer­spie­ël die huis hul per­soon­li­ke styl met al die meu­bels en de­kor­stuk­ke wat hul­le na aan die hart lê.

“Ons het nie dié spe­si­fie­ke voor­koms be­plan nie,” ver­dui­de­lik Li­zel­le. “Ons het een­vou­dig ons huis ge­vul met ver­skil­len­de i­tems waar­van ons ge­hou het, wat ons toe ge­koop en ie­wers neer­ge­sit het. Dis iet­wat van ’n e­klek­tie­se, mo­der­ne men­gel­moes!

“Om­dat die huis taam­lik klein is – al­te­saam 160 m² – moet ons pas­op dat dit nie te deur­me­kaar lyk nie; ’n een­vou­di­ge dog prettige aan­slag het sin ge­maak,” voeg sy by. “Ek dink daar is iets spe­si­aals aan die kom­bi­na­sie van kon­tem­po­rê­re meu­bels en stuk­ke uit die mid­del van die vo­ri­ge eeu; ons is dol oor hoe moei­te­loos die ge­heel by­me­kaar­ge­kom het.” >>

“Die mo­no­chroom te­ma in die sit­ka­mer (bo) werk, maar dis nie ons wat so ou­lik is nie,” sê Ni­co. “Dit het maar toe­val­lig so ge­beur!” sê Ni­co en lag. Hul­le kyk na die swart-en-wit kuns­werk teen die muur ter­wyl sy ei­e­naar op reis is en die strooi­kus­sings is twee­de­hands. Die string pom­pons bo die deur hang al van Kers­fees ver­le­de jaar daar, maar die paar­tjie hou so­veel daar­van dat hul­le dit nooit af­ge­haal het nie.

Die stoep (regs bo) is een van die paar­tjie se guns­te­ling-kui­er­plek­ke. “Ons bring die mees­te van ons tyd hier deur, so­mer en win­ter; ons wil ook ’n braai-a­rea hier aan­bou,” sê Ni­co. >>

Ons is dol oor ’n oop­plan-leef­styl; dis net reg vir lek­ker kui­er. – Ni­co

Sa­li­ge sol­der

Die twee­de ver­die­ping be­staan uit ’n slaapkamer, ’n en sui­te-bad­ka­mer en stu­deer­ka­mer. “Dis ’n lief­li­ke ruim­te; dis oop, lug­tig en die na­tuur­li­ke lig stroom hier in. Ons skrik el­ke og­gend tus­sen die bo­me wak­ker,” sê Li­zel­le.

Toe die Jan­se van Rens­burgs die huis ge­koop het, was die hout­raam-sta­pel­deu­re wat die ver­trek in twee skei reeds daar. “Ons maak dit eint­lik net in die win­ter toe, of wan­neer ons wil keer dat ons hon­de – die huis se eint­li­ke ei­e­naars – op die bed spring,” sê Ni­co. Die muur tus­sen die slaapkamer en bad­ka­mer strek nie tot teen die pla­fon nie om lug­sir­ku­la­sie te ver­be­ter.

’n Hoe­kie on­der een van die boog­ven­sters maak die per­fek­te werk­plek. Li­zel­le het die groen deur vir die bok­kieta­fel by Buil­ders ge­kry; haar ou­pa het die stoel ge­maak en dit ook self ge­stof­feer. Mat en blou buf­fet­kas van su­per­ba­list.com; blou strooi­kus­sings van A­na­tomy De­sign

Vloer­lamp van Wey­landts; rus­ban­ke van Co­ri­craft; kof­fie­ta­fel van @ho­me

Hang­lam­pe, ta­fel en stoe­le van su­per­ba­list.com; Ni­co het die geel plant­staan­der uit ’n vin­ta­ge-tyd­skrif­rak ge­maak

Va­doe­ke is by­der­hand aan ha­ke on­der­aan die swart­bord. ’n Klein ven­ster langs die was­bak kyk uit oor die bin­ne­hof en bring ek­stra lig in.

Die ry am­per een­der­se hang­lam­pe bo die werk­blad was reeds in die huis toe die Jan­se van Rens­burgs in­ge­trek het.

WIE WOON HIER? Li­zel­le en Ni­co Jan­se van Rens­burg WAAR Mel­vil­le GROOT­TE 160 m²

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.