Kort­pad­kos Aand­e­te in ’n jap­trap

Vier win­ter­warm wen­ners.

Tuis - - CONTENTS - Deur Jo­hané Neil­son Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

G­noc­chi-s­tro­ga­noff

On­der R140 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te

• 30ml o­lie • 600g roer­braai­vark­vleis­re­pies • 10ml mos­terd­poei­er • 1 ui, fyn­ge­kap • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap

• 400g ge­meng­de sam­pi­oe­ne, ge­sny • 250ml suur­room • 125ml af­trek­sel • ’n hand vol I­ta­li­aan­se pie­ter­sie­lie, ge­kap • 400g g­noc­chi

1 Ver­hit die o­lie tot warm. Geur die vleis met die mos­terd­poei­er, sout en pe­per en braai vin­nig oor hoë hit­te tot goud­bruin. Skep uit en roer­braai die ui en knof­fel in die­self­de pan tot glan­send. Voeg die sam­pi­oe­ne by en braai tot gaar. Skep die vleis te­rug in die pan saam met die suur­room en die af­trek­sel en strooi die pie­ter­sie­lie oor. Ver­hit tot dik en deur­warm. 2 Bring ’n pot sout­wa­ter tot kook­punt en voeg die g­noc­chi by. Skep die g­noc­chi uit so­dra dit be­gin dryf en sit dit voor saam met die vark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.