Lat­kes, stap vir stap

Bros lat­kes is per­fek vir ont­byt, laat­ont­byt, ’n lig­te mid­dag­e­te of pi­kan­te peu­sel­hap­pie – ge­niet dit net so of met ’n rits lief­li­ke by­kom­stig­he­de.

Tuis - - CONTENTS - Deur Jo­hané Neil­son • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Lat­kes

1 Kry al die be­stand­de­le reg Be­gin met vier me­di­um­groot Me­di­ter­reen­se aar­tap­pels (so­wat 350 g), ’n klein ui, ’n eier, ’n bos­sie dil­le of jou guns­te­ling- sag­te krui, so­wat 50 ml bruis­meel, sout en pe­per en ge­smel­te bot­ter* vir braai.

*Hoe­kom die bot­ter s­melt?

Koe­kies wat in bot­ter ge­braai is, het ’n heer­li­ke geur. Maar om­dat ge­wo­ne bot­ter ’n re­de­lik lae rook­punt het, is dit ge­neig om baie vin­nig in die pan bruin te word en te brand.

Een ma­nier om die rook­punt te ver­hoog, is deur ’n skeut o­lie by die bot­ter te voeg. An­ders kan jy die bot­ter ver­hel­der, wat die wa­ter daar­in laat ver­damp en die melk­stow­we van die bot­ter­vet skei. Son­der die melk­stow­we le­wer dit be­ter re­sul­ta­te by ho­ër hit­te.

Maak jou eie deur ’n homp bot­ter (ver­kies­lik on­ge­sout) in ’n maat­be­ker in die mi­kro­golf te s­melt en dan e­ni­ge mel­ke­ri­ge skuim bo-op af te skep. Die res sal ná ’n ruk skei in hel­der bot­ter­vet en melk­stow­we wat af­sak na on­der. Ge­bruik net die hel­der bot­ter­vet vir braai.

R­ös­ti of lat­ke?

Die twee koe­kies, al­bei met ge­ras­per­de aar­tap­pel as hoof­be­stand­deel, lyk baie die­self­de, maar ver­skil tog. By­voe­gings soos bros­ge­braai­de spek, ge­ras­per­de ui, kaas en vars kruie sorg vir groot va­ri­a­sie in al­bei! • Lat­kes word ge­maak van rou aar­tap­pel en daar word bind­mid­dels soos meel (soms Mat­so-meel) en eier by­ge­voeg. Dié tra­di­si­o­neel klein ge­braai­de koe­kies word dik­wels ty­dens die Jood­se C­ha­noe­ka ge­niet met ap­pel­sous. • Vir r­ös­ti word die aar­tap­pel ge­woon­lik so ’n bie­tjie voor­af ge­kook. Dit het ’n S­wit­sers-Duit­se oor­sprong en word in die vorm van klein koe­kies of as ’n pan­groot­te-koek in sky­we voor­ge­sit.

2 Skil die aar­tap­pels en ui; ras­per dit dan grof in ’n meng­bak wat met kaas­doek of ’n skoon vadoek uit­ge­voer is. Wenk Vir va­ri­a­sie, ver­vang een aar­tap­pel met die­self­de hoe­veel­heid ge­ras­per­de pa­tat, murg­pam­poen­tjies of selfs pam­poen.

5 Braai nou le­pels vol van die aar­tap­pel­meng­sel in die bot­ter in ’n kleef­vrye pan tot goud­bruin en bros al­kan­te. Dit is be­lang­rik om die hit­te te be­heer en nie die koe­kies te brand voor­dat dit deur­gaar is nie – klei­ner skep­pies werk be­ter. Die be­slag...

4 Sit die droë groen­te in ’n skoon meng­bak en voeg die eier, kruie, meel, sout en pe­per na smaak by. Meng tot ’n be­slag vorm.

3 Druk dan met be­hulp van die doek al die vog uit die groen­te – dit ver­be­ter die teks­tuur van die koe­kies wan­neer dit ge­braai word.

Op­dien­voor­stel Re­pies ge­rook­te fo­rel en room­kaas; a­vo­ka­do, a­gur­kies en ker­sie­ta­ma­ties; of re­pies ge­rook­te ham en sky­fies suur­le­moen is heer­lik met lat­kes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.