Ougoed of hou­goed

Tuis - - CONTENTS -

Mees­ter­klas!

Jo­han­nes Buckle van Roo­de­poort skryf My vrou het hier­die o­lie­verf­skil­de­ry (45 x 60 cm) deur Ot­to Klar by haar ou­ma ge­ërf. Kan jul­le dalk sê hoe­veel dit werd is?

Kay­leen W­rig­ley van S­te­phan Welz & Co. ant­woord Ot­to Klar is in 1908 in We­ne ge­bo­re. Hy het aan die Ween­se Kuns­a­ka­de­mie ge­stu­deer en dik­wels in We­ne, M­ün­chen en Ber­lyn uit­ge­stal voor hy in 1939 Suid-A­fri­ka toe ge­kom het. Ná sy aan­koms het hy ver­skeie so­lo-uit­stal­lings ge­hou.

In 1962 het die p­re­si­dent van Oos­ten­ryk Klar ver­eer met ’n e­re­pro­fes­so­raat in kuns, wat hom as be­lang­ri­ke by­dra­er tot 20ste-eeu­se kuns ge­ves­tig het. Ot­to Klar se wer­ke maak deel uit van tal­le o­pen­ba­re ver­sa­me­lings, on­der meer dié van die Dur­ban­se en P­re­to­ri­a­se Kuns­mu­seum.

See­to­ne­le was een te­ma wat Klar keer op keer in ver­skil­len­de me­dia uit­ge­beeld het; hy het ’n be­son­der­se voor­lief­de vir pas­tel­le ge­had. Dit als in ag ge­neem, en ge­ge­we die groot­te van jul skil­de­ry, glo ek dit sal ’n goeie prys op ’n vei­ling haal. OU­DER­DOM Vroeë 20ste eeu WAAR­DE R20 000–R30 000

’n Stuk­kie ge­skie­de­nis

Lou­i­se Bo­tha van Plat­te­kloof, Kaap­stad, skryf Ek het dié o­lie­skil­de­ry van Leeu­kop (o­lie op doek) in my oor­le­de skoon­ma se woon­stel ge­kry; dis ge­te­ken “I.J. Kol­be 1888”. Het dit e­ni­ge waar­de?

Kay­leen ant­woord Hier­die voor­tref­li­ke weer­ga­we van Leeu­kop is deur I­sa­bel­la Jo­han­nah Kol­be ge­skil­der. Sy is in 1856 op Ge­or­ge ge­bo­re en is in 1919 in die Kaap­pro­vin­sie oor­le­de. Aan­ge­sien Suid-A­fri­kaan­se kuns nie voor die 20ste eeu aan­ge­te­ken is nie, is dit ’n baie be­son­der­se werk – nie net van­weë die vroeë da­tum nie, maar om­dat dit ge­skil­der is deur ’n vrou in ’n tyd toe die kuns­to­neel wê­reld­wyd deur mans ge­do­mi­neer is.

Kol­be het kuns aan die Kaap­stad­se Kuns­skool, as­ook in D­üs­sel­dorf en M­ün­chen, Duits­land, ge­stu­deer. Eu­ro­pe­se in­vloe­de kom s­terk na vo­re in haar werk deur die ge­bruik van don­ker­groen ska­ke­rings en baie fyn kwas­werk in die bla­re; haar styl het nog nie die hel­der A­fri­ka-son ge­vier wat ken­mer­kend van Suid-A­fri­kaan­se kuns sou word nie.

Wat hier­die skil­de­ry selfs nog in­te­res­san­ter maak, is die yl land­skap: ’n lan­de­li­ke to­neel met nie veel meer as ’n paad­jie as te­ken dat daar ’n ne­der­set­ting na­by is nie; dees­dae is dit die ge­sog­te Kaap­se woon­buurt Tam­boers­kloof.

Kol­be het kort na­dat sy hier­die werk ge­skil­der het, na Eu­ro­pa ver­huis en eers in 1908 na Kaap­stad te­rug­ge­keer. Haar loop­baan het tra­gies tot ’n vroeë ein­de ge­kom toe sy weens swak sig al min­der kon s­kil­der. Om­dat sy nie ’n groot aan­tal skil­de­rye na­ge­laat het nie, is daar geen prys­re­kord vir haar werk nie, maar weens die his­to­rie­se waar­de van die werk sou ek ver­wag dat dit ’n goeie prys op ’n vei­ling be­hoort te haal.

OU­DER­DOM 1888 WAAR­DE R8 000–R10 000 KON­TAK ct@ste­phan­wel­zan­d­co.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.