Kleur en teks­tuur

Tuis - - LESERHUIS -

Bryo­ny s­nuf­fel graag saam met John­ny by an­tiek- en lief­da­dig­heids­win­kels, maar sy het ook al groot suk­ses be­haal met aan­lyn-in­ko­pies. “Ek het die art de­co­sit­ka­mer­stel en heel­par­ty van my kleur­vol­le mat­te raak­ge­loop ter­wyl ek na twee­de­hand­se goed op die in­ter­net ge­soek het.”

Tus­sen­in is daar ook ’n paar erf­stuk­ke, soos die Per­sie­se mat in die sit­ka­mer wat sy by haar groot­tan­te E­ve­lyn Ee­des ge­ërf het. “Ek het baie van die pa­tro­ne ge­hou, maar dit was so ’n on­ge­wo­ne mos­terd en bruin kleur dat ek nie mooi ge­weet het hoe ek dit kan laat werk nie. Toe be­sluit ek om die he­le ver­trek net so in­tens soos die mat te maak: Ek het die mu­re tur­koois ge­verf en die rooi art de­co-stel ge­koop. Saam skep dit ’n e­klek­tie­se ruim­te. En om die prent­jie te vol­tooi het ek ’n skil­de­ry deur my kuns­te­naar-vrien­din Ma­ja Mal­je­vic op­ge­hang; haar kuns vat al die kleu­re, die hel­der­heid en in­ten­si­teit van die ver­trek per­fek saam.”

Een ding is se­ker: As iets met Bryo­ny praat, sal sy ’n ma­nier vind om dit te ge­bruik – of dit nou ’n kleur, pa­troon of ont­werp is. “Ek be­plan al klaar om weer die mu­re te verf. Ons speel met die i­dee om swart verf in die sit­ka­mer, grys­bruin in ons slaapkamer en per­ske in die gang of eet­ka­mer te ge­bruik,” ver­tel sy. En voeg ná ’n diep a­sem­teug by: “Ons sal nog daar­by uit­kom. Dis ’n voor­koms waar­aan ons sta­dig maar se­ker bou.” >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.