[V&A]

Tuis - - DEKOR -

Sa­re­na deel haar fi­lo­so­fie oor gordyne: Hoe­kom gordyne? Dit kan ’n ver­trek heel­te­mal vernuwe. Nie net bied dit pri­vaat­heid nie, maar ook warm­te, weel­de en, in se­ke­re ge­val­le, ’n prettige e­le­ment. Hoe­kom ek­stra­lang gordyne? Ek hang gordyne al­tyd so hoog moont­lik om die il­lu­sie van hoog­te te skep, wat ’n ruim­te gro­ter kan laat voel. S­tok­ke of spo­re? Vir ’n kon­tem­po­rê­re ge­voel sal ek ’n spoor teen die pla­fon mon­teer, maar vir iets meer klas­sieks sal ek ’n me­taal­stok met rin­ge in die Fran­se styl hoog teen die muur ge­bruik. Jou guns­te­ling-ma­te­ri­aal? Ek is ’n voor­stan­der van na­tuur­li­ke lap. ’n Swaar, sag­te ma­te­ri­aal soos lin­ne het meer om die lyf vir ’n luuk­se dog on­op­ge­smuk­te voor­koms. Na­tuur­li­ke ve­sels het meer “hou­ding” as iets mens­ge­maaks soos po­li­ës­ter, en jy kan min­der lap ge­bruik. Maar kyk mooi, dees­dae kry jy baie goeie sin­te­tie­se lap. Waar be­gin ’n mens? ’n Ont­wer­per of gor­dyn­spe­si­a­lis kan jou raad gee oor die reg­te lap en af­wer­king, en jy kan jou gordyne deur hul­le laat maak. Op die ou end werk dit die bes­te uit en dit hoef nie ’n for­tuin te kos nie.

Wil jy self jou lap kleur? Kyk aan­lyn by net­werk24.com/tuis hoe ons ’n stuk lap knoop en doop vir ’n oorgroot kus­sing se oor­trek­sel – jy kan sul­ke lap ook ge­bruik om gordyne te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.