As vlie­ë­nier het Su­zet­te Nieu­woudt die wê­reld ge­sien.

Tuis - - LESERHUIS -

Daar­om het die moont­lik­he­de ein­de­loos ge­lyk toe sy moes be­sluit op ’n va­kan­sie­huis wat ook een­dag haar af­treeplek sou word.

In haar soek­tog na die per­fek­te ei­en­dom het sy ’n ad­ver­ten­sie ge­sien van ’n skuur­styl-huis op S­til­baai, en gaan kyk. Ge­ïn­spi­reer deur die baan­bre­ker-vlie­ë­nier A­me­lia Ear­hart het die ei­e­naars hul dog­ter A­me­lia ge­noem, en die ei­en­dom A­me­lia Hou­se. Su­zet­te het dit as ’n voor­te­ken ge­sien en daar en dan ’n huur­kon­trak ge­te­ken. Tien dae la­ter het sy die ei­en­dom ge­koop. “Dié huis is pre­sies soos ek my i­de­a­le weg­breek­plek voor­ge­stel het,” sê Su­zet­te. Die oop­plan-leef­a­rea is per­fek vir ge­sel­li­ge kui­ers, en sy het ook ge­hou van die af­wer­kings wat die oor­spronk­li­ke huis­ei­e­naars ge­kies het.

Geoff en Gi­na Ross het die huis in 2012 deur Jack Andrew van Ca­pe He­ri­ta­ge Ar­chi­tec­tu­re & Con­structi­on laat bou vol­gens die struk­tuur van ou Ar­gen­tyn­se en Suid-A­fri­kaan­se ker­ke.

Die in­te­res­san­te ont­werp, as­ook die af­ge­wit­te bui­te- en bin­ne­mu­re, het Su­zet­te se aan­dag ge­trek. Na­dat sy en haar seuns, Ri­an en Ben­nie, met ver­loop van tyd hul eie her­in­ne­rin­ge in dié lief­li­ke ruim­te by­me­kaar­ge­maak het, is dit nou on­ge­twy­feld ’n twee­de tuis­te vir die ge­sin.

“Hier doen ons al­les wat ons nie al­tyd deur die jaar kan doen nie,” sê Su­zet­te. “Ons gaan strand toe, stap lang en­te, ge­niet lui­lek­ker, de­ka­den­te maal­tye of sit net en lees. Hier sal ons me­kaar al­tyd vind, maak nie saak in wat­ter rig­ting die le­we ons stuur nie.” >>

Droë o­lyf- en a­man­del­t­ak­ke dra by tot die rus­tie­ke at­mos­feer van die kom­buis.

Nu­we her­in­ne­rin­ge

Die ge­sin is ak­tief en ver­ken graag die kus­dorp en sy om­ge­wing, maar vol­gens Su­zet­te is A­me­lia Hou­se se oop­plan­leef­a­rea die plek waar hul­le “on­ver­geet­li­ke tye” met fa­mi­lie en vrien­de deur­bring. Die leef­a­rea be­staan uit die kom­buis, eet­a­rea en sit­ka­mer. “Dank­sy die ont­werp kry die ruim­te ton­ne lig, wat vir my lief­lik is,” sê sy. “Al die ska­ke­rings van wit weer­kaats die son­lig wat hier in­stroom en dis op sy mooi­ste teen son­on­der en saans wan­neer die an­tie­ke kris­tal­kan­de­la­ber in die mid­del van die dub­bel­vo­lu­me-ruim­te die mu­re laat spran­kel.

“Die kom­buis is die mid­del­punt van al die ak­sie. Dis juis só ge­po­si­si­o­neer dat al die leef­a­re­as met me­kaar ska­kel,” ver­dui­de­lik Su­zet­te.

Di­rek oor­kant die kom­buis is groot sta­pel­deu­re van a­lu­mi­ni­um en glas wat op die stoep oop­maak. “Dan voel dit om­trent of die tuin deel is van die huis,” sê sy. >>

Rond­om dié lang eet­ka­mer­ta­fel, met sy her­win­de kerk­ban­ke vir sit­plek, is al me­ni­ge ete ge­niet. Die kuns­wer­ke bo die kag­gel is deur die plaas­li­ke kuns­te­naar Na­di­ne Han­sen en die vuur­kon­ka is ge­koop by ’n kuns­te­naar in Botswa­na wat me­taal­pla­te her­ge­bruik.

In die oop­plan­kom­buis kon­tras­teer die kas­te van her­win­de rou hout met die se­ment-werk­blaaie en tit­sels groe­nig­heid. Die werk­blaaie is af­ge­werk met wit e­mal­je­verf en ver­se­ël met wit glan­se­pok­si­verf vir ’n glad­de voor­koms.

’n S­wie­ri­ge spi­raal­trap lei na ’n tus­sen­vlak met slaap­plek vir gas­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.