Wit vloe­re

Tuis - - RAAD -

An­ge­la Col­lins van Kaap­stad skryf Ons is be­sig om op te knap en ek is op soek na wit viniel-vloer­plan­ke – al­les wat ek al ge­sien het, is room of het ’n grys tint. Wat ek wil hê, is die voor­koms van ’n vloer­plank wat wit ge­verf is. E­ni­ge voor­stel­le?

Sasha Ko­zin­sky, be­stu­ren­de di­rek­teur by Fin­Floor, ant­woord Wit hel­der jou om­ge­wing op, wat ver­trek­ke gro­ter laat lyk en ’n ont­span­ne at­mos­feer skep. Dis ook veel­sy­dig, so dit werk saam met ver­skeie de­kor­sty­le – van strand­hui­se tot kon­tem­po­rê­re ruim­tes en selfs die lan­de­li­ke plaas­styl. Fin­Floor het ’n ver­skei­den­heid wit hout-, viniel- en gelamineerde vloer­plan­ke om van te kies. Hier is van ons nuut­ste pro­duk­te: Hout is duur­saam, tyd­loos en e­le­gant; dit sal ’n luuk­se ge­voel aan e­ni­ge ruim­te ver­leen. Kies uit ’n ver­skei­den­heid FinOak-op­sies in ver­skil­len­de groot­tes en dik­tes. Dit word met Ru­bio Mo­no­co­at ge­beits in die ska­ke­ring van jou keu­se; ons stel W­hi­te, W­hi­te 5%, Su­per W­hi­te, Corn Silk of Cot­ton W­hi­te voor. Ri­gid­co­re-viniel Dié plan­ke, wat uit ’n sa­me­stel­ling van plas­tiek en klip­stof be­staan, het ’n duur­sa­mer en sta­bie­ler vloer tot ge­volg wat on­der war­mer tem­pe­ra­tu­re en in nat­ter kli­ma­te be­ter vaar as an­der vi­niel­te­ëls. Dit kan deur jou he­le huis ge­ïn­stal­leer word, in­slui­tend bad­ka­mers en kom­bui­se. Ons stel voor jy oor­weeg Ala­ba­s­ter, die lig­ste kleur in die reeks. Gelamineerde vloer­plan­ke het ’n ho­ë­dig­h­teid­ve­sel­kern wat be­staan uit ver­fyn­de hout­ve­sels en ho­ë­ge­hal­te­me­la­mien­hars. Die her­saam­ge­stel­de hout­ve­sel stel ons in staat om al die de­le van ’n boom te ge­bruik. Met dié ver­vaar­di­gings­teg­niek word so­lie­de hout (en na­tuur­li­ke klip) na­ge­boots vir ’n pro­duk wat veel min­der as die wa­re Ja­kob kos. Ons be­veel die Au­then­tic Her­ring­bo­ne-reeks aan in W­hi­te Her­ring­bo­ne of die Su­pre­me La­mi­na­te Floor­ing-reeks in die kleu­re W­he­at en A­thens Oak. KON­TAK fin­floor.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.