Ken jou in­drin­gers

Tuis - - TUINDAGBOEK -

Dié reg­op groei­en­de meer­ja­ri­ge kan tot 1,3 m hoog word en het dons­ag­ti­ge pienk blom­knop­pe en bla­re wat by die ba­sis van die plant ge­kon­sen­treer is. Die plant sterf el­ke jaar te­rug tot by die wor­tel­kroon. Van De­sem­ber tot Maart ver­skyn pienk blom­kop­pe wat be­staan uit hon­der­de ster­vor­mi­ge blom­me­tjies om­ring deur pers skut­bla­re. In­drin­ger­sta­tus Dis ’n ka­te­go­rie 1B-in­drin­ger, wat be­te­ken jy kan ver­volg word as dit op jou erf ge­kry word.

Hoe­kom is dit ’n pro­bleem? Die pom­pon­bos­sie is een van ons erg­ste pro­bleem­plan­te om­dat dit die veld ver­swak, wat die bi­o­di­ver­si­teit ver­laag. Dit neem die gras­veld­stre­ke van Gau­teng, K­waZu­luNa­tal, Lim­po­po, M­pu­ma­lan­ga en die Oos-Kaap in. Men­se wie se eien­dom­me aan ’n oop veld grens, moet ek­stra ver­sig­tig wees om­dat dit mak­lik deur saad ver­sprei. Dit plant ook voort deur on­der­grond­se ri­so­me. KON­TAK in­va­si­ves.org.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.