Le­ser­tuin

Vo­ëls, vler­mui­se, vlin­ders – selfs a­pies – gee le­we aan He­len se tuin!

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rié Ester­huy­se • Fo­to’s

Al was daar op die erf net dors­ti­ge den­ne­bo­me en ’n baie ou huis in ’n na­boot­sing van die Tu­dor-styl – geen in­rit of tuin nie – het He­len en Roy Can­non 22 jaar ge­le­de hul hart op dié ei­en­dom ver­loor. Ons ge­bruik geen gif­stow­we nie; ons maak staat op die ta­ren­ta­le om van die slak­ke ont­slae te raak. – He­len

“Ons was ver­lief op die hoë kran­se waar ’n on­ge­rep­te oe­wer­woud die Pal­mie­t­ri­vier wat deur die erf loop, om­raam. Ver­der was dit maar ’n deur­me­kaar­spul. Ons het van so­veel van die den­ne­bo­me as wat ons kon be­kos­tig, ont­slae ge­raak. Daar­na het ons ’n stoot­skra­per ge­huur om ’n nu­we in­rit te maak en die tuin se vlak­ke ge­lyk­ge­maak,” ver­tel He­len.

“Aan­vank­lik was dit baie har­de werk. Daar het niks on­der die den­ne­bo­me ge­groei nie, dit was net kaal grond. Baie aan­de het ek tot laat in die tuin ge­werk – dik­wels met die in­rit se sen­sor as e­nig­ste lig­bron,” ont­hou sy.

Toe He­len hier in We­st­vil­le be­gin tuin­maak het, het sy baie ek­so­tie­se plan­te ge­kweek. “Ses jaar la­ter het die in­heem­se gogga my ge­byt en het ’n nu­we wê­reld vir my oop­ge­gaan. Ons het die mees­te van die den­ne­bo­me wat nog op die erf was, ge­rin­ge­leer (’n strook bas om die stam­me ver­wy­der) om ook van hul­le ont­slae te raak.

“’n Paar het ons wel be­hou so­dat die geel­bek­woue, wol­ne­k­ooi­e­vaars en kroon­a­ren­de steeds daar­in kon nes­maak. Hul­le hou van hoë bo­me. Tus­sen die den­ne het ons in­heem­se bo­me ge­plant en op die woud­vloer spoor­sa­lies. Die on­der­bos van in­heem­se bo­me is ’n reu­se­suk­ses en we­mel van vo­ëls. Ons het reeds 133 vo­ël­spe­sies in die tuin ge­tel – en dít in die hart van ’n voor­stad.”

Hoe­wel sy dees­dae hoof­saak­lik in­heems tuin­maak, sal sy nooit van haar groot ver­sa­me­ling ek­so­tie­se plan­te af­stand doen nie. “’n Vriend wat plan­te ver­sa­mel het baie van hul­le vir my ge­gee. Ek voel ek moet iets van al­les in my tuin hê, maar het nie al­tyd ge­noeg plek vir al die plan­te wat my hart be­geer nie.

“My jong­ste ob­ses­sie is skoen­lap­per­plan­te. Ná ’n be­soek van die tuin­ken­ner Geoff Ni­chols was ek so ge­ïn­spi­reer dat ek ’n he­le ge­deel­te net vir die skoen­lap­pers aan­ge­plant het.

“Vir my is tuin­maak soos ’n kuns­vorm, ’n won­der­li­ke pa­let van teks­tu­re en kleu­re om mee te werk. My ma het ’n prag­ti­ge plaas­tuin in Ha­ra­re, Zimbabwe, ge­had – dis waar my lief­de vir tuin­maak van­daan kom. Dis vir my baie ont­span­nend en goeie oe­fe­ning. Ge­luk­kig verg my tuin dees­dae heel­wat min­der werk as vroe­ër; al­les is ge­ves­tig, die on­kruid is min­der en die in­heem­se woud sorg vir hom­self.”

In­heems én ek­so­ties

He­len kom­bi­neer plan­te van o­ral­oor met groot suk­ses in haar tuin:

“Die ek­so­tie­se deel van die tuin is ska­du­ryk en hier kweek ek on­der meer bro­me­li­as, va­rings, in­heem­se brood­bo­me, Ant­hu­ri­ums en be­go­ni­as. Hul­le is op hul mooi­ste in die so­mer. Net on­der die swem­bad is ’n baie skuins hel­ling waar dit weer baie warm en son­nig is. Die af­ge­lo­pe paar jaar het ons aal­wy­ne, pers­be­sem (Po­ly­ga­la

vir­ga­ta), krans-rooi­wor­tel (Bul­bi­ne na­ta­len­sis) en gem­mer­bos (Te­tra­de­nia ri­pa­ria) daar ge­plant – laas­ge­noem­de blom meest­al in die win­ter. Met al die aal­wy­ne is die sui­ker­bek­kies wat die tuin be­soek so­veel meer; hul­le vier be­hoor­lik fees in die win­ter! Die hel­der­kleu­ri­ge aal­wy­ne lyk prag­tig teen die wit gem­mer­bos wat weer uit­staan teen die don­ker­der kleu­re van die oe­wer­woud.

“In my woud­tuin on­der die dak van in­heem­se bo­me groei heel­par­ty spoor­sa­lies (P­lec­trant­hus), wit bos­klok­kies (Asysta­sia gan­ge­ti­ca), pienk hi­bis­kus (Hi­bis­cus pe­dun­cu­la­tus) en die k­lein, fyn wit blom­me­tjie R­hi­na­cant­hus gra­ci­lis. Spoor­sa­lies en wit bos­klok­kies is van die bes­te skoen­lap­per­plan­te wat jy kan hê. Dié in­heem­se bos­tuin verg geen on­der­houd nie.” >>

[HE­LEN SE GUNSTELINGE]

• Al my ver­skil­len­de Ant­hu­ri­ums, ver­al die ko­nings-ant­hu­ri­um (Ant­hu­ri­um veitchii ). Dis a­sem­ro­wend! Hul­le vra so min aan­dag. • ’n Ver­skei­den­heid or­gi­deë wat ek o­ral in die tuin aan bo­me vas­maak. Dit blom met baie min moei­te vir maan­de aan­een. •Reu­se-nooi­ens haar va­ring( A dia n t u m tra­pe­zi­for­me) • Bro­me­li­as (Bro­me­li­ads) met hul on­ge­loof­li­ke kleu­re. Ek hou ver­al van die nu­we V­rie­sea-hi­brie­de. Men­se dink bro­me­li­as lok mus­kie­te aan­ge­sien wa­ter in die mid­del van die plant ver­sa­mel, maar ek spoel die ou wa­ter uit en voor­kom so dat die mus­kie­te daar­in broei. Bro­me­li­as is baie ge­hard – selfs die mol­le hou ver­by! • Aal­wy­ne. Ek het meer as twin­tig soor­te ge­plant, maar som­mi­ge hou nie van die klam toe­stan­de in Durban nie. Met leer en pro­beer het ek uit­ge­vind wat hier werk. • Lig­pers en wit gem­mer­bos (Te­tra­de­nia ri­pa­ria) wat ’n oor­vloed bye en in­sek­te lok. Dit aard goed in ryp­vrye ge­bie­de. • Brood­bo­me (En­cep­hal­ar­tos-spe­sies) vir hul tref­fen­de vorm.

[TUINWENKE]

• As jy ’n nu­we tuin be­gin, ry deur jou woon­buurt en kyk wat werk in an­der tui­ne. Kies plan­te wat in jou om­ge­wing aard. Ek het al baie geld ge­mors deur plan­te te koop wat van kou­er de­le in­ge­bring is. • As jou geld en tyd min is, fo­kus daar­op om jou sy­paad­jie en in­gang mooi te maak, ver­al die deel rond­om jou voor­deur. • Deel plan­te met vrien­de en moe­nie skaam wees om ’n steg­gie te vra as jy iets moois sien nie. Ek sou nooit dié ver­skei­den­heid plan­te ge­had het as dit nie vir die vry­ge­wig­heid van an­der tui­niers was nie. • Die mees­te plan­te is mak­lik om te ver­meer­der. Koop een plant en maak so­veel steg­gies as wat jy kan daar­van (ge­bruik hor­moon­poei­er). • In­heem­se plan­te hou ook van lief­de en aan­dag; net om­dat ’n plant in­heems is, be­te­ken dit nie jy kan hom maar ver­waar­loos nie. • Plant bo­me wat vo­ëls lok – dit gee le­we aan jou tuin. • O­ne­we ge­tal­le gee my tuin ’n meer in­for­me­le voor­koms en jy sien die plan­te as groep da­de­lik raak. In ’n for­me­le tuin sal ek ge­ly­ke ge­tal­le by­me­kaar plant vir sim­me­trie. >>

[BO­ME VIR VO­ËLS EN VLER­MUI­SE]

He­len sê die mees­te bo­me in haar tuin is deur dié ge­vleu­el­des ge­saai! Hier is haar gunstelinge: • Wil­de­po­pu­lier (Ma­ca­ran­ga ca­pen­sis) – ’n vin­ni­ge groei­er en guns­te­ling on­der vo­ëls en boom­pad­das. • Be­sem-tros­vy (Fi­cus sur) – die vye lok vrug­te­vre­ten­de vo­ëls, ape en vler­mui­se. • Wil­de­pruim (Har­pep­hyl­lum caf­frum) groei taam­lik vin­nig; ape en vo­ëls is lief daar­voor. • Na­tal­se wil­de­pie­sang (S­tre­lit­zia ni­co­lai) lok vo­ëls, ape en boom­pad­das. •Groot blaar dra­ke boom( Dra c a en a

a­le­tri­for­mis) – die geu­rig­ste boom in die woud en gas­heer vir sprin­ger­tjie-skoen­lap­pers. “Ek het ook al ge­sien dat die Na­tal­jan­fre­de­rik in hom nes­maak.” • Bos­pad­da­boom (Ta­ber­na­e­mon­ta­na

ven­tri­co­sa) – ape en vo­ëls vreet graag sy vrug­te. • Die not­sung (Hal­le­ria lu­ci­da) ver­stom my el­ke keer. Dié in­heem­se boom is een van die bes­te bron­ne van nek­tar en vrug­te. Wan­neer dit blom, is dit oor­trek van vo­ëls en in­sek­te. >>

[PLAN­TE VIR SKOEN­LAP­PERS]

Ver­skil­len­de gas­heer­plan­te lok ver­skil­len­de skoen­lap­pers: • Wi­t­ys­ter­hout (Ve­pris lan­ce­o­la­ta): groen swa­el­stert, na-a­per-swa­el­stert en le­moen­vlin­der • Dui­ne­val­staai­bos (Al­lop­hylus na­ta­len­sis): pê­rel-dub­bel­stert • Lint­bos (Hypoes­tes a­ri­sta­ta): blou-, geel- en Na­tal-ge­sig­gie • A­fri­kaan­se honds­roos (Xy­lot­he­ca kraus­si­a­na): rooi­bok­kie r ooit j i een bloed-rooi­tjie • Aar­blom-spoor­sa­lie (P­lec­trant­hus spi­ca­tus): rooi-en-blou­blaar­vlerk • Wit-bos­klok­kies (Asysta­sia gan­ge­ti­ca): per­le­moen skoen­lap­per en blou glans

Vo­ëls en skoen­lap­pers wat ons nooit voor­heen ge­sien het nie, is nou per­ma­nen­te in­wo­ners, dank­sy al die plan­te wat vrug­te en nek­tar ver­skaf. – He­len

Sal­ly C­han­ce

’n In­druk­wek­ken­de boom­aal­wyn (Aloi­den­dron bar­be­rae) tus­sen ’n krans­aal­wyn (Aloe ar­bo­res­cens) en ’n wit gem­mer­bos (Te­tra­de­nia ri­pa­ria); ag­ter laas­ge­noem­de steek ’n geel-e­no­ran­je kraal­melk­bos (Eup­hor­bia ti­ru­cal­li) uit.

’n Mal­se bed­ding waar Dief­fen­ba­chia, Dra­ca­e­na, reu­se-nooi­ens­haar­va­rings, bro­me­li­as en palms flo­reer.

Bro­me­lia

Van-ba­len-se-aal­wyn (Aloe van­ba­le­nii)

Reu­se-nooi­ens­haar­va­ring (A­di­an­tum tra­pe­zi­for­me)

Ko­nings-ant­hu­ri­um (Ant­hu­ri­um veitchii)

Boom­aal­wyn (Aloi­den­dron bar­be­rae)

Wit gem­mer­bos (Te­tra­de­nia ri­pa­ria)

Krans­aal­wyn (Aloe ar­bo­res­cens)

Grys­aal­wyn (Aloe cha­bau­dii)

Ant­hu­ri­um

Im­pa­tiens ni­am­ni­a­men­sis

Bro­me­lia

Brood­boom en reu­se­bro­me­lia

K­ris­ta­lant­hu­ri­um (Ant­hu­ri­um cry­stal­li­num)

Krans-rooi­wor­tel (Bul­bi­ne na­ta­len­sis)

K­reef­klou (He­li­co­nia ro­s­tra­ta)

Geel­plak­kie (Ka­lan­choe thyr­sif­lo­ra)

Ver­skeie plan­te wat van die son hou ver­skaf kon­tras en teks­tuur teen dié hel­ling. Die wit gem­mer­bos (Te­tra­de­nia ri­pa­ria) met sy de­li­ka­te blom­me­tjies gee kleur in die win­ter saam met die bit­te­raal­wyn (Aloe fe­rox), grys­aal­wyn (Aloe cha­bau­dii) en krans-rooi­wor­tel (Bul­bi­ne na­ta­len­sis). Die Pal­mie­t­ri­vier, wat deur die on­der­ste deel van die tuin vloei, het al ’n he­le paar keer sy wal­le oor­stroom. Na­dat He­len baie cli­vi­as so ver­loor het, maak sy nie meer tot teen die ri­vier tuin nie, maar sorg Moe­der Na­tuur vir ’n tuin van wil­de-herfs­bos­le­lies (C­li­via gar­de­nii ), S­trep­to­car­pus, bos-bal­se­mi­nie (Im­pa­tiens ho­chstet­te­ri), ’n ver­skei­den­heid va­rings en bo­me.

Na-a­per-swa­el­stert

Blou-ge­sig­gie

Rooi-en-blou­blaar­vlerk

Groen swa­el­stert

Per­le­moen­s­koen­lap­per

Bloed-rooi­tjie

Rooi­bok­kie­rooi­tjie

Fo­to: Gal­lo I­ma­ges Geel-ge­sig­gie

Na­tal-ge­sig­gie

Le­moen­vlin­der

Blou­glans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.