Hal­lo

My bu­re is be­sig met ’n om­vat­ten­de op­knap­pro­jek.

Tuis - - CONTENTS - [email protected]

Kort na­dat hul­le die huis reg langs my­ne ge­koop het, kom klop An­to­ny aan, plan­ne in die hand, om te wys wat hul­le gaan doen en by voor­baat ver­sko­ning te vra vir die ka­baal wat wag. (Dit was in­der­daad ’n hel­se ka­baal, die bu­re aan die an­der kant het sum­mier hul huur­kon­trak ge­kan­sel­leer en te­rug Ne­der­land toe ge­vlug ... )

Ek dink An­to­ny het teen­kan­ting en ie­se­grim­mig­heid ver­wag, maar toe kry hy ’n nuus­kie­ri­ge a­gie. Ek. Want min het hy ge­weet wat ek vir ’n le­we doen, en nog min­der dat ’n bou­e­ry my nie af­skrik nie. Ver­al nie ’n regruk­pro­jek nie! Ek meen as jy dan nie jou eie huis kan ver­an­der nie, kan jy mos maar droom deur die oë van jou bu­re, of hoe?

Ek nooi my­self dan en wan in wan­neer hy en sy vrou saans kom kyk hoe die dag se bou­e­ry ge­vor­der het, dan ruil ons staal­tjies uit oor die ge­hei­me­nis­se wat in die mu­re van ons hui­se skuil – hul­le lyk pre­sies een­ders, want die he­le ry van agt ska­kel­hui­se is meer as ’n eeu te­rug ge­bou op wat toe nog die Tam­boers­kloof-plaas was. Blou­druk­ke van me­kaar, so­veel so dat ek ’n plan van hul huis ge­kry het toe ek des­tyds by die stads­raad ’n af­skrif van my­ne gaan vra het.

Die hui­sies was oor­spronk­lik een­vou­di­ge reg­hoe­ke, ver­deel in vier ver­trek­ke. Oor die ja­re het die on­der­skeie ei­e­naars mu­re uit­ge­breek en aan­ge­bou, maar wat my buur­man tans doen, is waar­van ek al van dag een af droom: Hy breek al die bin­ne­mu­re van die toen­der­tyd­se k­lein ar­bei­ders­hui­sie uit so­dat hy een groot leef­ver­trek kan skep. Die pla­fon­ne moes ook waai vir ’n ruim, dub­bel­vo­lu­me-ka­te­draal­ge­voel – laat ek maar net sê ek is groen van ja­loe­sie ná el­ke huis­be­soek langs­aan.

Su­zet­te Nie­woudt se huis op S­til­baai (kyk bl. 20) maak din­ge na­tuur­lik nie mak­li­ker nie. Die vloer­plan van haar mooi plek is pre­sies wat ek nog al­tyd wou doen sou ek een­dag my eie plek kan bou – tot die slaap­ka­mer op ’n oop tus­sen­vlak bo. En dan is ont­blo­te bak­steen­mu­re al ja­re lank my droom. Ek het in my eie plek ’n muur so laat af­kap, net om te ont­dek die mu­re is meer klei as se­ment, en as ek dit nie vin­nig weer toe­mes­sel nie, waai die Suid­oos­ter die he­le spul dalk weg.

Maar ’n mens mag mos droom ... • Ons be­oor­deel tans die in­skry­wings vir van­jaar se Re­gruk met Flai­r­wed­stryd, wat na­tuur­lik be­te­ken daar is selfs meer ver­soe­kings as ge­woon­lik hier op my les­se­naar. Die Gib­bon­se se op­knap­pro­jek op bl. 50 is weer eens geen uit­son­de­ring nie. Hul­le ver­tel die kom­buis is ge­ïn­spi­reer deur ’n Tuis-voor­blad van ’n paar jaar te­rug. Maar dit lyk my die he­le huis was eint­lik ’n Tuis-pro­jek – hul in­ter­pre­ta­sie van tal­le i­dees wat deur die ja­re in ons maan­de­lik­se tyd­skrif­te en van die spe­si­a­le uit­ga­wes te sien was. Ons het met groot nuus­kie­rig­heid en be­lang­stel­ling deur hul fo­to’s ge­kyk en pro­beer ont­hou uit wat­ter uit­ga­wes wat­ter i­dees kom. Ek hoop jy ge­niet dit net so!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.