Tor­til­la­pak­kies met a­vo­ka­do­sous

Warm a­vo­ka­do is nie vir al­mal nie, maar dié sous wen tel­kens nu­we be­won­de­raars.

Tuis - - KOS -

Ge­noeg vir 8 • Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 35 mi­nu­te

• 15ml o­lyf­o­lie

• 1 ui, ge­kap

• 1 wor­tel, fyn­ge­kap of ge­ras­per

• 1 pa­tat, in k­lein blok­kies ge­sny of grof­ge­ras­per

• 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap

• 400g ma­er maal­vleis

• 5ml elk kol­jan­der en ko­myn

• ’n blik rooi nier­boon­tjies, ge­drei­neer en ge­spoel

• 30ml in­ge­leg­de ja­la­peño-ris­sie­stuk­kies (of na smaak)

• 125ml vars kol­jan­der

• 8 me­di­um­groot tor­til­las

• 350g moz­za­rel­la­kaas, ge­ras­per

• o­lie vir vlak­braai SOUS

• 15ml bot­ter • 15ml meel

• 250ml warm af­trek­sel

• 125ml suur­room

• 1 groot ryp a­vo­ka­do, ge­hal­veer en ont­pit

• 1 lem­me­tjie (of ’n k­lein suur­le­moen)

1 Ver­hit die o­lie in ’n dik­boom­pan en braai die ui, wor­tel, pa­tat en knof­fel tot sag en glan­send. Moe­nie te haas­tig wees nie, dit bou geur. Voeg die maal­vleis en spe­se­rye by en braai tot­dat die vleis mooi bruin is. Geur met sout en pe­per en breek die vleis deur­gaans met ’n spaan op. Roer die bo­ne, ris­sie­stuk­kies en kol­jan­der by en ver­hit tot deur­warm. Haal van die hit­te af.

2 Vir die sous S­melt die bot­ter en roer die meel by om ’n roux te maak soos vir ’n wit­sous. Braai die meng­sel vir ’n mi­nuut of twee en k­lits dan die warm af­trek­sel met ’n bal­lonk­lit­ser by. Bring tot kook­punt, ver­laag die hit­te en laat prut vir 5 mi­nu­te. Roer die suur­room en a­vo­ka­do­vlees by en maak fyn met ’n staaf­men­ger. Geur na smaak met sout, pe­per en lem­me­tjie­sap.

3 Smeer ’n le­pel vol a­vo­ka­do­sous oor el­ke tor­til­la, skep van die maal­vleis oor en strooi kaas bo-oor. Vou nou die tor­til­la toe soos ’n koe­vert (sien skets). 4 Ver­hit ’n bie­tjie o­lie in ’n pan en braai nou die pak­kies een vir een met die vou­kant eer­ste tot ge­roos­ter en lek­ker bruin. Ge­bruik ’n spaan om dit plat te druk ter­wyl jy braai. Draai ver­sig­tig om en braai ook die an­der kant. 5 Her­haal tot al die pak­kies klaar is. Sit nou net so voor met die ek­stra a­vo­ka­do­sous as doop­sous. Al­ter­na­tie­we­lik kan jy die pak­kies in ’n oond­bak rang­skik, die sous oor­giet en ek­stra kaas oor­strooi; roos­ter dan tot­dat die kaas bor­rel. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.