Dié rus­ti­ge toe­vlug pas per­fek in sy na­tuur­li­ke om­ge­wing

’n Huis wat by sy ma­je­stu­eu­se na­tuur­li­ke om­ge­wing in­ska­kel is die per­fek­te plek vir kre­a­tie­we be­pein­sing.

Tuis - - CONTENTS - Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s en s­ti­le­ring Hen­ri­que Wil­ding

AAs eg­ge­noot, tuis­te­skep­per en ma van vier, het Di­a­na S­te­ward oor die ja­re al op uit­een­lo­pen­de plek­ke ge­woon – haar man het reg oor die wê­reld ge­werk: van En­ge­land en New York tot Ma­la­wi en Jo­han­nes­burg.

Na­dat hy ja­re in die B­rit­se weer­mag was en la­ter on­der­ho of be­stuur­der van ’n groot kor­po­ra­sie (met ’n paar an­der ti­tels tus­sen­in), wou Si­mon S­te­ward graag gaan boer. En so be­land die ge­sin toe op die To­wers-vee­plaas na­by Dar­ling, waar hul­le 20 jaar lank ge­bly het.

In 2012, na­dat die paar­tjie ge­skei is, het Di­a­na be­sluit om te ver­huis na ’n “leë nes” met ’n see-uit­sig – die 2 684 m²-erf wat die S­te­wards ja­re te­vo­re op Y­zer­fon­tein ge­koop het.

“Ná al die hui­se waar­in ek oor die ja­re ge­bly het, het ek ’n wens­lys op­ge­stel van wat ek graag on­der een dak wou hê,” ver­dui­de­lik sy. Bo-aan die lys was ’n huis wat met sy na­tuur­li­ke om­ge­wing saam­smelt. “Ek hou van or­ga­nie­se ar­gi­tek­tuur en wou ’n huis hê wat nie die land­skap oor­heers nie.”

Eers het Di­a­na ver­skeie e­ko­vrien­de­li­ke bou­me­to­des soos ge­kom­pak­teer­de grond en strooi­ba­le oor­weeg, maar gou het sy be­sef so iets gaan baie duur uit­werk as dié ma­te­ri­a­le nie reeds op die ter­rein is nie; daar­om het sy rou bak­ste­ne vir haar huis se bui­te­mu­re (en par­ty van die bin­ne­mu­re) ge­kies. Sy het ook dak­tui­ne ge­skep om die na­tuur­li­ke prent­jie te vol­tooi.

WIE WOON HIER? Di­a­na S­te­ward WAAR Y­zer­fon­tein GROOTTE 1 093 m² (in­slui­tend bin­ne­ho­we, loop­gan­ge en bui­te­ruim­tes)

“Ek is dol oor die rus­tig­heid hier, oor die fyn­bos wat my om­ring en die prag­ti­ge vo­ëls wat el­ke dag kom kui­er,” sê Di­a­na. ’n Ver­skei­den­heid in­heem­se plan­te groei in die dak­tui­ne wat al­mal met me­kaar ver­bind is. Dit laat die huis by die om­lig­gen­de teks­tu­re en kleu­re in­ska­kel en dien ook as i­so­la­sie. Dit skep ’n be­son­der­se bui­te­ruim­te met ’n skou­spel­ag­ti­ge uit­sig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.