Kom­bui­se Le­sers wys hul suk­ses­vol­le op­knap­pe

Ons le­sers deel die ge­hei­me ag­ter hul styl­vol­le – en ver­nuf­ti­ge – kom­buis­op­knap­pe.

Tuis - - CONTENTS -

Die Van Zyls was nog al­tyd van plan om hul on­prak­tie­se kom­buis op te knap, maar toe Son­ja af­ge­lê word, het sy sum­mier die wie­le aan die rol ge­sit. Daar­die self­de aand nog het sy uit pu­re frus­tra­sie ’n ha­mer op­ge­tel en die ou­tyd­se ge­te­ël­de toon­ban­ke aan sker­we ge­kap.

En toe Son­ja on­ver­wags ’n be­drag geld van haar af­tree­fonds ont­vang, het die paar­tjie be­sluit om die pro­ses, wat be­gin het as ’n “stoom­af­blaas-oe­fe­ning”, for­meel voort te sit en hul kom­buis be­hoor­lik op te knap.

Andrew en Son­ja se huis, wat hul­le in 2014 ge­koop het, is so­wat 25 jaar oud – so ook al die af­wer­kings. “Ge­wa­pen met ek­stra­groot ha­mers het ons die he­le kom­buis af­ge­breek, pla­fon in­kluis. Ná heel­wat be­raad­sla­ging het ons ook die af­ge­vlak­te vloer uit­ge­kap, want dit was nie o­ral ge­lyk nie,” sê Son­ja. Die pro­jek het hul­le selfs ge­leer om met ’n ha­mer­boor en se­ment­men­ger te werk – ’n pro­ses wat vir hul­le soos “a­von­tuur­sport” ge­voel het.

Al het hul­le die mees­te van die werk self ge­doen, het hul­le ’n e­lek­tri­si­ën in­ge­kry om die oor­spronk­li­ke lei­py­pe in die nu­we pla­fon te her­lei en net­jies te maak. Andrew het die krag­prop­pe en stoof se i­so­la­tor ge­skuif, en die nu­we ge­son­ke LUD-lig­te en hang­lam­pe self ge­ïn­stal­leer. Hy het ook van die wa­ter­py­pe her­lei om­dat die oor­spronk­li­ke was­bak en skot­tel­goed­was­ser ge­skuif moes word.

Die Van Zyls se plan vir hul nu­we kom­buis was dui­de­lik: “Ons huis moet ge­mak­lik wees; ons hon­de en kat­te mag op die meu­bels lê en hul­le kui­er saam in die kom­buis. Ons wou ’n oop, lig­te at­mos­feer hê, daar­om het ons die dak­bal­ke ont­bloot,” sê Son­ja.

Maar dít was op die ou end een van die moei­lik­ste de­le van die pro­jek. “Ons het let­ter­lik geen i­dee ge­had hoe ons die ver­skil­len­de vlak­ke sou skep en hoe die ver­skil­len­de ma­te­ri­a­le saam sou lyk nie. Trou­ens, net om die pla­fon­bor­de (na­dat hul­le op maat ge­saag is) bo tus­sen die bal­ke in te kry, was ’n uit­da­ging op sig­self,” sê Son­ja.

Ge­luk­kig het die paar­tjie geen te­kort aan mo­ti­ve­ring óf on­der­ne­mings­gees nie.

“Ek weet nou nog nie hoe ons die pla­fon­bor­de in plek ge­hou het en vas­ge­kroef ge­kry het nie, ver­al nie die gro­ter de­le nie,” sê Son­ja. Dank va­der vir ’n bat­te­ry-aan­ge­dre­we skroe­we­draai­er!”

Andrew sê hul­le het wel met ’n plan ge­werk, maar dit aan­ge­pas na­ma­te hul­le ge­vor­der het. “Die rooi bak­steen­be­kle­ding rond­om die ven­ster bo die toon­bank was nie in die plan nie, ook nie die O­re­gon­den­ne­hout­rak­ke waar ons ons kos­baar­he­de uit­stal nie. En pleks van die be­plan­de po­lis­ti­reen-kroon­lys­te het ons ook lie­wer ’n ska­du­lyn­pro­fiel ge­skep.”

[SÓ HET SON­JA EN ANDREW DIE LAM­PE GE­MAAK]

Die hang­lam­pe is eint­lik e­mal­je­bak­ke; Son­ja het dit ge­sien by hul plaas­li­ke plas­tiek­wa­re­win­kel en ’n groe­ne met ’n swart rand vir net R14 ge­koop om te kyk of dit sou werk. Dís wat hul­le ge­doen het: • Eer­stens het Son­ja ’n plas­tiek­kop­pie bo-op die on­der­ste­bo bak ge­sit. • Toe het Andrew ’n gaat­jie deur die bak en die kop­pie ge­boor en dit op­ge­hang om te kyk of die hoog­te en grootte sou werk. • Ná ’n paar aan­pas­sings het hul­le die hang­lam­pe af­ge­rond met hout­tol­le wat Son­ja se pa ge­draai het. “Ons het ko­per-pas­stuk­ke vir die gloei­lam­pe ge­bruik en ou hout­kno­pe, wat swart ge­spuit­verf is, om die e­lek­trie­se koord te ver­bloem waar dit uit die pla­fon kom. Ons het ook op ’n swart koord be­sluit om te pas by die e­mal­je­bak se swart rand. Op die ou end het dit ons min­der as R75 ge­kos om elk­een van die lam­pe self te maak!” >>

[V&A ] met Andrew & Son­ja Wat het jul­le uit dié pro­jek ge­leer?

Bo­wen­al het ons ge­duld ge­leer. Ons weet ook nou dat ’n pro­jek van dié om­vang tyd, ton­ne sta­mi­na en ’n ge­son­de hu­mor­sin vra. Dis ’n span­po­ging: Al­bei par­tye moet ten vol­le toe­ge­wyd wees en hul kant bring – al is dit net om ag­ter­na skoon te maak.

Be­plan­ning is ook nood­saak­lik om die pro­ses aan die gang te hou; ons kas­te is by­voor­beeld veels te vroeg af­ge­le­wer; ge­luk­kig het ons ’n spaar­ka­mer ge­had waar ons dit kon bê­re tot ons dit no­dig ge­had het. En maak nie saak wat jy doen nie, daar gaan stof wees; dit gaan vir maan­de ag­ter­na nog in jou kom­buis hang – maak maar vre­de daar­mee!

E­ni­ge geld­spaar­wen­ke? •

Ons het ge­spaar deur feit­lik al­les self te doen; die pla­fon sou ons by­voor­beeld dub­bel so­veel ge­kos het as ons ’n kon­trak­teur ge­bruik het. • Ons het rond­ge­soek vir bou­ma­te­ri­aal teen die bes­te pry­se. As jy ’n dui­de­li­ke vi­sie vir jou eind­pro­duk het, kan jy voor­af koop en wins­ko­pe langs die pad raak­loop. • Be­groot! Ons het ’n Ex­cel-sprei­blad ge­maak en el­ke i­tem by­ge­re­ken, van die kas­te tot die skroe­we vir die pla­fon. Ons is so bly dat ons ons be­gro­ting met net so­wat R2 000 oor­skry het! Die Van Zyls se ver­sa­me­ling kook­boe­ke staan in ’n klein boek­rak in die kom­buis­ei­land. “Daar was ’n o­pe­ning op die punt van die kas wat sit­ka­mer toe wys, toe bou ons dit daar in met den­ne­hout­rak­ke,” ver­dui­de­lik Son­ja.

[AF­WER­KING EN KONTAKTE]

Verf Mu­re in Plas­con F­rench C­har­treu­se; pla­fon in Du­ram Bathroom & Kit­chen An­ti-Bacte­ri­al Paint Vloer­te­ëls Tor­re S­to­ne Gla­zed Por­ce­lain van I­tal­ti­le (011 704 1104, i­tal­ti­le.co.za) Bak­steen­be­kle­ding Rus­tic B­rick Ti­le Clay Clad­ding van CTM (011 704 3019, ctm.co.za) Muur­te­ëls Gloss W­hi­te Bo­died Ce­ra­mic van I­tal­ti­le (011 704 1104, i­tal­ti­le.co.za) Kas­te Tim­ber­ci­ty (021 927 5000, tim­ber­ci­ty.co.za) Hang­lam­pe E­mal­je­bak­ke van West Rand Pack (011 660 4160); gloei­lam­pe van The Lig­hting Wa­re­hou­se (011 679 2820, lig­hting­wa­re­hou­se.co.za); draad en lamp­hou­er van Pen­ny Pin­chers (011 675 3380, pen­ny­pin­chers.co.za) Pla­fon­ma­te­ri­aal CDS We­strand (011 028 3390, cd­sup­plies.co.za) Her­win­de O­re­gon­den­ne­hout-pla­fon­plan­ke In­de­pen­dent Tra­ders, Rand­burg (011 026 0235, in­de­pen­dent-tra­ders.co.za) Her­win­de O­re­gon­den­ne­hout-rak­plan­ke Pro­tec­tor Build Ho­ney­dew (011 794 5109, pro­tec­tor­build.co.za) By­kom­stig­he­de Hand­vat­sels van W­ho­le­s­a­le Ca­bi­net Fit­tings (011 791 5393, ca­bi­net­fit­tings.co.za); b­lin­dings van B­linds Di­rect (087 802 6027, blinds­di­rect.co.za)

Harts­goed wat die paar­tjie by Andrew se ma ge­ërf het, be­klee ’n e­re­plek in dié hoek.

“Ons het die nu­we uit­leg met stan­daard-kar­kas­se be­plan om geld te be­spaar,” sê Son­ja. Die kas­te is op uit­ver­ko­ping by Tim­ber­ci­ty ge­koop en ’n be­staan­de wynys­kas en stoof moes by die uit­leg in­ge­werk word. “Dit was goed om só te be­plan dat el­ke toe­stel ’n be­paal­de plek het en die vul­lis­blik en gas­bot­tel ag­ter deu­re weg­ge­steek word.” Hand­vat­sels van W­ho­le­s­a­le Ca­bi­net Fit­tings

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.