Le­ser­tuin ’n Wa­ter­wys lus­hof

Die Ri­mells het­hul lae-on­der­houd­tuin stuk-stuk be­plant en met klip van die om­ge­wing ver­sier!

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rié Ester­huy­se • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Op ’n stuk grond ver­vuil van in­drin­gers soos Port Jack­sons en bloe­kom­bo­me het Si­mon en To­ni Ri­mell 15 jaar ge­le­de be­gin tuin­maak.

“High Ri­ding E­sta­te was ’n nu­we ont­wik­ke­ling. Ons moes huis bou en ’n tuin aan­lê – al­les van voor af. Die grond is met ’n stoot­skra­per skoon­ge­maak so­dat ons die eer­ste deel van die huis kon bou. Dit was al wat ons des­tyds kon be­kos­tig,” ver­tel Si­mon. “Daar­na het ons be­gin tuin­maak, eers die deel naas­te aan die huis en met ver­loop van tyd ook ver­der weg.”

Die Ri­mells het geen mees­ter­plan vir hul tuin ge­te­ken nie, maar dit stuk-stuk aan­ge­pak. “Ons het be­sef die tuin sal meer han­teer­baar wees as ons groot ge­deel­tes aan ’n spe­si­fie­ke te­ma toe­wys; toe maak ons ’n deel vir o­ly­we, ’n deel vir vet­plan­te, ’n deel vir gras, en ’n paar groen­te­bok­se.

“Ons het met ’n tuin­slang paad­jies be­gin uit­lê en dit om­lyn met klip of hout­stom­pe wat op die ei­en­dom was. Dit het ons help be­sluit waar ons bed­dings moes maak,” ver­dui­de­lik hy. “Toe het ons ’n klomp van die­self­de soort plan­te in blok­ke ge­plant. Deur by­voor­beeld ’n mas­sa a­ga­pan­te by­me­kaar te hê, het so­veel meer im­pak. En dit het ons laat voel daar­die bed­ding is nou vol!

“’n Paar fo­kus­pun­te het ook ge­help om die tuin ver­der in ver­skil­len­de a­re­as te ver­deel. Met ou dwars­lê­ers wat ons by die bu­re ge­koop het, het ons ’n tref­fen­de muur staan­ge­maak; die hoof-vet­plant­tuin is daar­ag­ter. In die mid­del van die tuin het ons ’n ou hek­kie ge­plaas – dié het ons by ’n kwe­ke­ry in Hout­baai op­ge­merk en To­ni het die ei­e­naar om­ge­praat om dit aan ons te ver­koop. Hoe­wel dit ge­roes is en so te sê uit­me­kaar­val, is dit prag­tig. Dit nooi jou uit om daar­deur te stap na ’n vol­gen­de deel. Al dié plan­ne het die tuin van iets dood­ge­woons in iets be­son­ders om­skep.” >>

Min on­der­houd

Om­dat Si­mon en To­ni nie veel vrye tyd en ek­stra geld ge­had het toe hul­le hier in­ge­trek het nie, het hul­le op ’n tuin met min on­der­houd be­sluit. Plan­te wat hul­le mak­lik kon ver­meer­der en min wa­ter ver­eis, was die op­los­sing. Aan­vank­lik het hul­le meer gras ge­had, maar dit het te veel aan­dag en wa­ter no­dig ge­had en is ver­min­der.

“Die tuin is een­vou­dig te groot om nié ’n lae-on­der­houd­tuin te wees nie. Ons maak baie van vet­plan­te ge­bruik; hul­le is ge­hard en vra min wa­ter. Ge­du­ren­de die warm so­mer­maan­de kry hul­le soms swaar, maar so­dra die eer­ste re­ën val, her­stel dié plan­te baie vin­nig,” ver­dui­de­lik Si­mon. “En al het ons in Sep­tem­ber 2016 ’n boor­gat laat in­sit, gee ek net wa­ter as dit reg­tig no­dig is. My fi­lo­so­fie is die af­ge­lo­pe 15 jaar om plan­te net in hul eer­ste jaar nat te lei; daar­na moet hul­le op hul eie kan oor­leef. Na­tuur­lik het nie al­mal bly leef nie, maar die mees­te van die so­wat 200 bo­me wat ons ge­plant het, is in­heems en vaar goed met min wa­ter.”

Om­dat die tuin aan ’n na­tuur­re­ser­vaat grens, kom ’n ver­skei­den­heid fyn­bos o­ral­oor op. Die mees­te daar­van word ge­los om te groei waar en hoe hul­le wil. “Wan­neer plan­te ’n bed­ding be­gin oor­neem, skuif ons een­vou­dig die paad­jie om hul­le meer leef­ruim­te te gee.”

Si­mon kweek baie van sy plan­te van steg­gies. “Met so ’n groot tuin is dit on­moont­lik om kwe­ke­ry toe te gaan vir ’n plant of twee – ons moet twin­tig of der­tig op ’n slag koop! En dít sou te duur wees, daar­om ver­meer­der ek wat ek kan. Die mees­te van die tyd breek ek een­vou­dig ’n stuk­kie van ’n plant af ter­wyl ek deur die tuin stap en druk dit in die grond. Dis mak­lik en dit werk goed,” ver­tel hy.

Vir Si­mon is sy tuin sy pa­ra­dys. “Ek loop graag deur die tuin met ’n kop­pie kof­fie in die hand. Wan­neer ek smid­dae ná werk huis toe ry, ver­geet ek van my werks­druk; dan is my tuin my ont­vlug­ting. Vreemd ge­noeg is die lek­ker­ste vir my om on­kruid uit te trek, ver­al in die win­ter wan­neer die grond sag­ter is. Ek vind dit baie ont­span­nend.

“Vroe­ër het ek al­tyd deur tuin­tyd­skrif­te ge­blaai en ge­dink om so ’n tuin te hê moet jy baie van plan­te af weet. Maar deur die af­ge­lo­pe 15 jaar in my tuin te werk son­der om e­ni­ge van die plant­na­me te ont­hou, het ek be­sef dit gaan nie oor hoe­veel jy van el­ke plant weet nie, maar eer­der oor in­spring en eks­pe­ri­men­teer met ver­skil­len­de i­dees – som­mi­ge werk en lyk mooi, an­der nie. Doen wat vir jou ple­sier gee. Daar is nie ’n reg of ver­keerd nie. ’n Tuin ver­an­der voort­du­rend en daar is al­tyd iets wat ek graag wil doen. Ek ge­niet dit om daar­in te woel en te wer­skaf.”

Vir my is die plan­te in my tuin her­in­ne­rin­ge aan men­se en plek­ke in my le­we. – Si­mon

Ae­o­ni­um ar­bo­ri­um Die Ae­o­ni­um ar­bo­reum (on­der) is een van die meer as 50 plan­te wat Si­mon van ’n steg­gie ge­maak het wat hy ja­re te­rug ge­pluk het in die kerk­tuin waar sy swa­er ge­trou het. To­ni en Si­mon het dié muur van dwars­lê­ers (links on­der) ge­maak na­dat hul­le vol in­spi­ra­sie te­rug­ge­kom het van ’n be­soek aan El­gin se oop tuine..

Een van die a­re­as waar­in die tuin ver­deel is, is die for­me­le groen­te­tuin met ’n suur­le­moen­boom in die mid­del. In die ag­ter­grond kron­kel Sir Lo­wrys­pas oor die Hot­ten­tots-Hol­land­berg.

Hier is Si­mon be­sig om plan­te vir ’n nu­we deel van die tuin, wat nog skoon­ge­maak word, te ver­meer­der. “Heel­wat van ons plan­te was steg­gies van vrien­de of het som­mer van­self op­ge­kom,” ver­dui­de­lik hy. “Ons het hul­le nie ge­kies nie, maar ons is bly dat hul­le flo­reer.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.