Bo­me vir el­ke tuin

Maak nie saak hoe groot jou tuin is nie, ’n boom is al­tyd ’n aan­wins op jou werf. Ons tuin­ken­ners kies hul guns­te­lin­ge.

Tuis - - CONTENTS -

Bo­me verskaf lief­li­ke ska­du­wee en groe­nig­heid en kan mak­lik ’n tref­fen­de fo­kus­punt vorm. Boon­op is hul­le goed vir die om­ge­wing! Het jy ge­weet ’n vol­was­se boom neem ge­noeg kool­stof op en stel ge­noeg suur­stof vry om twee men­se aan die le­we te hou?

Maar bo­me het ’n lang leef­tyd. Daar­om is dit be­lang­rik om die reg­te een vir die reg­te plek te kies as jy wil ver­hoed dat die vol­gen­de ge­slag pro­ble­me op­tel. Vol­gens Piet­man Die­ner, tuin­bou­kun­di­ge van S­tel­len­bosch, is grootte nie so ’n een­vou­di­ge saak nie. “’n Boom wat in een tuin tot me­di­um­groot sal groei, kan in ’n an­der tuin weer re­de­lik groot word,” ver­dui­de­lik hy. “Dit hang al­les af van die kli­maat, e­le­men­te soos die wind, die grond­soort en hoe­veel wa­ter dit kry.”

Ver­der is dit be­lang­rik om te ont­hou dat ’n klei­ner boom min­der met an­der plan­te sal wed­y­wer om wa­ter, grond, lug en lig, en ook min­der pro­ble­me ten op­sig­te van mu­re en py­pe sal ver­oor­saak.

As jy wil hê jou boom­pie moet ’n groot boom word, moet jy hom die ruim­te daar­voor gee.

Som­mi­ge groot bo­me het prag­ti­ge vorms en werk goed as fo­kus­pun­te, ter­wyl an­der weer na aan me­kaar ge­plant kan word om ’n skerm teen die son, wind of ge­boue te skep, is Piet­man se raad. “Jy kan wel ’n boom wat groot gaan word in ’n klein tuin plant; met die no­di­ge snoei­werk sal dit nie met an­der plan­te mee­ding nie.” >>

Deur Be­a­tri­ce Moo­re-N­öthna­gel Fo­to’s De­ryck van S­teen­de­ren, Ko­sie Jan­sen van Rens­burg, Fran­cois O­ber­hol­ster en A­li­ce Not­ten van Kir­sten­bosch Na­si­o­na­le Bo­ta­nie­se Tuin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.