Kort­pad­kos vir weeks­aan­de

Hoen­der­sop is troos­kos – hier’s 4 va­ri­a­sies.

Tuis - - CONTENTS -

Pa­tat-en-hoen­der­sop

On­der R80 • Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

• 1,2 li­ter hoen­der­af­trek­sel • 500g o­ran­je pa­tat, in blok­kies ge­sny • 30ml o­lyf­o­lie • 1 bos­sie spriet­uie, ge­kap • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap • 1 duim gem­mer, ge­skil en ge­ras­per

• 400g hoen­der­bor­sies, in hap­pie­groot blok­kies ge­sny • 30ml se­sam­saad • 30ml s­ri­ra­cha­sous vir byt (of ge­wo­ne ta­ma­tie­pas­ta) • sap en skil van 2 lem­me­tjies

1 Ver­hit die af­trek­sel in ’n pot en kook die pa­tat daar­in tot gaar. Maak fyn met ’n staaf­men­ger.

2 Ver­hit die o­lie in ’n pan en roer­braai die spriet­uie, knof­fel en gem­mer saam tot geu­rig. Voeg die hoen­der, se­sam­saad en s­ri­ra­cha by en roer­braai tot die hoen­der mooi kleur be­gin kry.

3 Skep die hoen­der­blok­kies en geur­mid­dels by die pa­tat­s­op en geur na smaak met sout, pe­per en die lem­me­tjie­sap en -skil. Laat prut tot die hoen­der gaar is en sit voor met ’n ek­stra spuit s­ri­ra­cha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.