Hal­lo

Tuis - - CONTENTS - re­dak­[email protected]

Ek hou van ’n goeie sto­rie.

Die een op bl. 52 oor hoe dit ge­beur het dat die Van Zyl-ge­sin ’n nu­we kom­buis ge­kry het, is in dié sta­di­um heel bo aan my lys van bes­tes wat ons nog in Tuis ge­pu­bli­seer het.

Dink jou in: By die werk word jy af­ge­lê, en uit skok en frus­tra­sie gryp jy daar­die aand ’n ha­mer en be­gin jou ou, le­wens­moeë kom­buis plat­slaan – net om van die op­ge­krop­te e­mo­sie ont­slae te raak. Ek het nie al die de­tail nie, maar ek wens ek was ’n vlieg teen die muur daar­die aand toe Son­ja van Zyl tuis­kom. Het ie­mand haar pro­beer keer? Gits, was e­nig­ie­mand ooit by die huis, of was dit vir hul­le ’n vet, stow­we­ri­ge ver­ras­sing toe hul­le wel­dra haar han­de­werk sien?

Die he­le pe­tal­je sit ’n groot glim­lag op my ge­sig. Dalk oor sul­ke al­les-oor­wel­di­gen­de e­mo­sie tog iets is wat al­mal van ons ken. En elk­een re­a­geer an­ders daar­op. Ek ont­hou ’n kol­le­ga het in my jong dae by die koe­rant saans hier rond­om ne­ge­uur wan­neer die koe­rant “sak” – druk­tyd, wan­neer als moet klaar – haar lip­pe bloed­rooi in­ge­kleur. Dit was ’n soort ri­tu­eel: hoe meer stres op daar­die oom­blik, die laas­te mi­nu­te voor die koe­rant moet klaar, hoe sta­di­ger het sy haar lip­pe met die lip­stif­fie rooi­ge­maak. Dat sy op haar bes­te kan lyk vir die Groot Oom­blik.

In ’n tyd waar­in din­ge in ons land wel be­ter gaan as ’n jaar ge­le­de, maar steeds nie klop­dis­sel­boom nie, is ek ver­ras dat daar nie meer men­se met nu­we kom­bui­se (en rooi lip­pe) is nie. Want die e­ko­no­mie is stram, en af­leg­gings on­ge­luk­kig steeds ’n werk­lik­heid. As daar ’n reg­streek­se ver­band was tus­sen regruk­pro­jek­te en na­si­o­na­le frus­tra­sie­vlak­ke, was ons al­mal dalk knie­diep in die bou­rom­mel en stof!

’n Nu­we kom­buis is se­ker­lik die mees­te huis­ei­e­naars se droom. Maar dis ’n groot uit­ga­we – ten­sy jy kans sien vir moue op­rol en self in­spring, soos die vyf eg­pa­re in ons kom­buis­ar­ti­kel ge­doen het. Vier van die kom­bui­se was in­skry­wings in laas jaar se Re­gruk met Flai­r­wed­stryd; ons het hul­le doel­be­wus op­sy­ge­sit vir ge­bruik in hier­die uit­ga­we. Want elk­een van hul­le het won­de­re ver­rig wat hul be­gro­ting be­tref. As jy die sen­te tel, maar groot droom, hoop ek dié ar­ti­kel gee vir jou al die slim rand­rek-i­dees wat jy no­dig het.

En hoe lek­ker dat ons in dié uit­ga­we weer die “Mi­les­to­ne He­roes”wed­stryd kan aan­bied. Sil­via Mi­les, die ei­e­naar van Mi­les­to­ne Kit­chens, gaan net soos ver­le­de jaar twee ge­luk­ki­ge le­sers se kom­bui­se her­ont­werp, en een nóg ge­luk­ki­ger le­ser kry R50 000 se kom­bui­s­een­he­de. Ons is laas jaar oor­val deur brie­we waar­in le­sers mo­ti­veer waar­om hul­le die ge­luk­ki­ge wen­ners moes wees. Hier is nou nog ’n kans. Ko­maan, ver­tel vir ons jou sto­rie! Kyk op bl. 74.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.