Ver­geet-my-nie­tjie

Tuis - - TUIN -

(Myo­so­tis sy­l­va­ti­ca)

In die len­te spog dié een­ja­ri­ge son­der op­hou met fyn, blou blom­me­tjies, elk­een met ’n klein wit of geel o­gie in die mid­del. En as jy eers een­maal ver­geet-my-nie­tjies in jou tuin het, het jy dit vir al­tyd! Hul­le self­saai oor­vloe­dig en groei mak­lik. Kom daar te veel plant­jies op, trek ge­rus uit, an­ders neem hul­le jou he­le bed­ding oor. Ver­geet-my-nie­tjies aard feit­lik o­rals en vra min moei­te.

Die in­heem­se Kaap­se ver­geet-my-nie­tjie (An­chu­sa ca­pen­sis) is ’n ef­fens gro­ter plant met hel­der­blou blom­me. Dit groei in die mees­te grond­soor­te en self­saai net so mak­lik. Kaap­se ver­geet-my-nie­tjies blom van die len­te tot die so­mer. Al­bei is goeie pluk­blom­me. Hoe­wel die twee se ge­wo­ne na­me baie die­self­de is, hoort hul­le tot ver­skil­len­de ge­nus­se.

Plant­gids

Half­ska­du­wee tot vol­son Ryp­be­stand Ge­mid­del­de wa­ter­be­hoef­tes Groei 20–30cm hoog Blom in die len­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.