Lud­wig se roos­hoe­kie

Die roos­ken­ner Lud­wig Tas­ch­ner gee wen­ke en raad.

Tuis - - TUIN -

V: Ek kom ag­ter die ke­wers kui­er net op ’n paar van my ro­se, soos ‘Le­mo­nes­sen­ce’, maar ig­no­reer die an­der blom­me. Hoe­kom is dit so en wat kan ek daar­om­trent doen?

Daar word ver­moed dat ke­wers geel blom­me ver­kies. Dit mag so wees, maar dis die spe­si­fie­ke geur wat hul­le lok. Ke­wers kan ’n geur ki­lo­me­ters ver ruik en dit gou op­spoor. As jy nie wil spuit nie, kan jy wa­ter in ’n em­mer­tjie gooi en ’n bie­tjie o­lie daar­in gooi, wat bo-op sal dryf. Stap tus­sen jou ro­se deur en hou die em­mer on­der ’n aan­ge­tas­te blom; skud die blom so­dat al die ke­wers in die wa­ter val. Die o­lie sal die ke­wers on­der die wa­ter­op­per­vlak hou so­dat hul­le ver­suip. As jy jou ro­se met Lud­wig’s In­sect S­pray spuit net wan­neer die blom­me be­gin oop­gaan, sal die knof­fel­reuk die blom­me se geur ver­bloem.

V: Ek het pas ’n paar ‘A­vril E­li­za­beth Ho­me’-ro­se ge­plant en wil hul­le graag ’n goeie hup­stoot gee. Ek het ge­lees dat 15mm re­ën ge­lyk­staan­de is aan een goeie nat­maak – is dit waar?

As jy 15 mm wa­ter (re­ën of oor­hoof­se be­sproei­ing) in ’n re­ën­me­ter meet, is dit ge­lyk­staan­de aan 15 li­ter wa­ter oor een vier­kan­te me­ter. Dit be­te­ken el­ke roos­struik kry so­wat 10 li­ter wa­ter. Ont­hou, as jy wa­ter di­rek rond­om ’n roos se wor­tels gee, sal min­der wa­ter weens wind of ver­dam­ping ver­lo­re gaan.

‘A­vril E­li­za­beth Ho­me’ ‘Le­mo­nes­sen­ce’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.