Skuins boon­toe

Tuis - - VARS IDEES - KONTAKTE Hei­di J De­sign 082 413 3110 De Waal Art 021 790 9120, de­waal­art.com

Je­an­ne en Niel Oets van K­waZu­lu-Na­tal moes hul in­rit teen ’n hel­ling aan­pas om die grond te be­waar en drei­ne­ring toe te laat. Pleks van ge­wo­ne, so­lie­de pla­vei­ste­ne of ’n se­ment­blad het hul­le pa­troon­blok­ke van be­ton plat op die op­per­vlak ge­lê. Daar­na het Je­an­ne dwerg­mo­do­gras ver­sig­tig in el­ke gat ge­plant – ’n uit­ste­ken­de keu­se om­dat dit nie ho­ër as 10 cm groei nie. ’n Jaar la­ter het dit mooi toe­ge­groei en ’n tref­fen­de, ge­har­de groen ta­pis­se­rie ge­vorm wat e­ni­ge soort ver­keer kan han­teer.

“Die i­dee is dat dié la­e­on­der­houd­plan­te met­ter­tyd soos ’n gras­perk met ’n sub­tie­le pa­troon moet lyk,” ver­dui­de­lik Je­an­ne. “Ek het die gras doel­be­wus diep ge­plant so­dat dit net bo die ste­ne sal uit­loer. En om­dat dit nie ge­sny hoef te word nie en min on­der­houd vra (hier re­ën dit oor­ge­noeg), hoef ons net af en toe on­kruid uit te trek,” sê sy. Di­va die bas­set­hond lyk heel in­ge­no­me met die vor­de­ring!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.