Le­ser­huis ’n E­klek­tie­se meng­sel van vin­ta­ge en S­kan­di in die Moe­der­stad

“Ons kry in­spi­ra­sie van e­nig­iets wat re­la­tief mak­lik is om te maak, nie te veel kos nie en een­vou­dig maar iets vir die oog is,” sê ’n Kaap­se paar­tjie met ’n fyn oog vir ont­werp.

Tuis - - CONTENTS -

Em­ma Ras­mus­sen het ne­gen­tien jaar te­rug in Kaap­stad kom kui­er,

maar het nooit kon dink die Moe­der­stad sou haar tuis­te word nie. In 1999 het Em­ma, ’n ge­bo­re B­rit, Suid-A­fri­ka toe ge­kom om die nu­we mil­len­ni­um saam met vrien­de in te lui. Dié op­ge­wek­te ad­ver­ten­sie­be­stuur­der het gou haar hart ver­loor op Kaap­stad se kul­tu­re­le di­ver­si­teit, ge­woel en na­tuur­skoon – nom­mer­pas vir ’n a­von­tuur­vraat soos sy.

Dit was nie net die stad wat haar hart ge­steel het nie; War­ren, ’n fo­to­graaf, het ook haar voe­te on­der haar uit­ge­slaan. Ja­re la­ter, toe hul­le be­gin uit­kyk vir ’n ge­rief­li­ke ge­sins­huis waar hul­le met hul jong dog­ter, Lu­la, kon nes­skop, het hul­le in Ob­ser­va­to­ry ’n ei­en­dom ge­kry wat net so­veel e­ner­gie soos hul­le uit­ge­straal het.

Die Vic­to­ri­aan­se huis was pre­sies wat hul­le wou hê – prag­tig, mi­ni­ma­lis­ties en geen struk­tu­re­le ver­an­de­rin­ge was no­dig nie. Dit sou die per­fek­te skoon skil­der­doek wees wat hul­le vol­gens hul per­soon­lik­he­de en be­lang­stel­lings kon in­kleur.

“As ’n ge­sin is ons baie ak­tief. Ons ge­niet die bui­te­lug en ver­ken graag nu­we din­ge in en om die stad, of gaan be­leef a­von­tu­re in die bui­te­land. Ons is al­tyd be­sig met iets kre­a­tiefs,” sê Em­ma. “War­ren het ’n pas­sie vir bak ont­wik­kel, en ek het nog al­tyd ge­hou van naald­werk – dis iets wat ek so tus­sen die ad­ver­ten­sie­werk deur doen.”

Die paar­tjie het die ruim­te ge­vul met ’n e­klek­tie­se meng­sel van vin­ta­ge- en S­kan­di-meu­bels, plaas­li­ke kuns en hel­der spat­sels kleur. “Ons huis is ’n weer­spie­ë­ling van wie ons is – le­wen­dig en al­tyd aan die gang!” >>

Ton­ne pret!

Em­ma en War­ren het die swart lei­klip­vloe­re reg­deur die huis be­hou – dit werk won­der­lik met die wit mu­re wat dien as neu­tra­le ag­ter­grond waar­teen dié pret­ti­ge ge­sin hul stem­pel kan af­druk.

“Ons wou ’n mo­no­chro­me ba­sis vir ons huis hê wat prak­ties maar ook styl­vol en pret­tig is,” sê Em­ma. Die Ras­mus­sens kry baie van hul i­dees uit tyd­skrif­te, as­ook In­sta­gram en Pin­te­rest; hul­le put in­spi­ra­sie uit e­nig­iets wat re­la­tief mak­lik is om te maak, nie te veel kos nie en een­vou­dig maar iets vir die oog is. En dis dui­de­lik te sien in die in­te­res­san­te fo­kus­mu­re deur die he­le huis, die ge­bruik van hel­der kleu­re en al­le­daag­se ge­bruiks­i­tems wat as deel van die de­kor uit­ge­stal word.

“Kleur kan ook ’n won­der­li­ke e­ner­giein­spui­ting vir ’n ruim­te wees. Op die oom­blik is ek dol oor als wat pienk, groen, goud en mos­terd­geel is. Pret­ti­ge kleu­re saam met luuk­se lap soos flu­weel en die een­vou­di­ge ly­ne van meu­bels in die S­kan­di-styl is ’n won­der­li­ke ma­nier om ’n ge­so­fis­ti­keer­de ruim­te met ’n tik­kie speels­heid te skep,” sê Em­ma. >>

Kim A­rend­se Fran­cois O­ber­hol­ster Ma­ri­an van Wyk

Dis in die de­tail ’n Al­fa­bet-fo­kus­muur is ’n speel­se e­le­ment in die sjiek eet­ka­mer. “Ek het iets soort­ge­lyks op Pin­te­rest ge­sien en toe die hout­let­ters laat ont­werp en laat maak,” sê Em­ma. “Dis ’n ou­li­ke ma­nier om in­te­res­san­te kuns op ’n knap be­gro­ting te skep!”

Em­ma en War­ren ge­bruik die stu­deer­ka­mer vir hul pro­jek­te en die rak­ke in dié ver­trek – deels pak­plek, deels de­kor – ge­tuig van hul on­der­skeie pas­sies. “Ek maak heel­tyd in­spi­ra­sie­bor­de en soek na ma­te­ri­aal vir my Lu­la by Em­ma-ar­ti­kels. War­ren werk ook hier aan sy fo­to­gra­fie,” sê Em­ma. Nou be­plan War­ren, wat ook by The Lo­cal Ba­ker werk, ook om ’n deel van die ruim­te in ’n mi­kro­bak­ke­ry te om­skep. Poef van Lu­la by Em­ma; mat van MRP Ho­me

Die paar­tjie het die eet­ka­mer­ta­fel (links) ge­maak met ’n For­mi­ca-blad en po­te wat hul­le ge­koop het. Mat van I­kea; stoe­le van C­hair Cra­zy; vin­ta­ge-win­kel­kas van Vamp; ta­fel­po­te van Me­tal Win­dows

Die sit­ka­mer met sy S­kan­di-styl is in al­le op­sig­te die mid­del­punt van die Ras­mus­sen-huis. Die stoep, kom­buis, eet­ka­mer, twee slaap­ka­mers en stu­deer­ka­mer lei daar­uit. “Dis vir my lek­ker dat die res van die huis op dié ver­trek oop­maak – dit be­te­ken ons loop me­kaar al­tyd hier raak,” sê Em­ma. Stoe­le van so­fa­com­pa­ny.com; ron­de spie­ël van Dark Hor­se; te­ëls om kag­gel­rand van Moroc­can Wa­re­hou­se S­trooi­kus­sings van Room 13; ot­to­man van Lu­la By Em­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.