S­tel­len­bosch-wo­ning Mooi­ge­maak met kos­ba­re harts­goed

Dié huis­ei­e­naars het hul tuis­te só in­ge­rig dat el­ke hoe­kie ’n kleur­vol­le, teks­tuur­ry­ke weer­spie­ë­ling is van al­les wat hul­le na aan die hart lê.

Tuis - - CONTENTS - Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s Hen­ri­que Wil­ding • S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk

In el­ke hoe­kie van die Bo­tes-huis is daar ’n ver­sa­me­ling mooi­goed, soos langs die kag­gel (oor­kant) – van ’n kas met bo­ta­nie­se de­tail (’n ge­skenk) tot ’n ou staan­ra­dio-kas wat Su­zet­te gra­tis ge­kry het ty­dens haar eer­ste aan­lyn-in­ko­pie­tog na twee­de­hand­se ar­ti­kels. “Ons wil dit met­ter­tyd in ’n drank­kas om­skep,” sê sy. Die kag­ge­lom­ran­ding is ge­maak van fas­sie­plan­ke wat die paar­tjie by hul vo­ri­ge huur­huis ge­red het voor dit as­hoop toe is. “Dis ’n klein deel van die huis waar ons voor­heen ge­bly het en waar­van ons baie goeie he­rin­ne­rin­ge het,” sê Su­zet­te.

Die paar­tjie eet graag by die vier­sit­plek­ta­fel langs die kom­buis. Die wit buf­fet­kas be­vat ’n ver­sa­me­ling erf­goed. “Ek is sen­ti­men­teel oor ons breek­goed, maar ons glo al­bei sterk dat al­les ge­bruik en ge­niet moet word,” sê Su­zet­te. Sluit­kas van Ma­kro; wit buf­fet­kas van Col­lec­ta­bles Café; die ta­fel is ’n erf­stuk en die stoe­le twee­de­hand­se vonds­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.