Ba­sie­se suur­le­moen-kaas­koek

Tuis - - YSKASTERT -

Ge­noeg vir 1 tert Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Bak­tyd: 6 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 160 °C

• 1 pak­kie (200g) Ten­nis­koe­kies, ge­krum­mel

• so­wat 80ml bot­ter, ge­smelt VUL­SEL

• 1 blik kon­dens­melk

• 125ml suur­le­moen­sap

• 10ml ge­ras­per­de suur­le­moen­skil

• 1 x 250g-bak­kie me­di­um­vet-room­kaas by ka­mer­tem­pe­ra­tuur

• 250ml room, styf­ge­klits

1 Maak die kors Meng die koe­kie­krum­mels met ge­noeg bot­ter om die krum­mels aan me­kaar te laat kleef en voer ’n tert­bak daar­mee uit so­dat dit ’n dun kors vorm. Maak se­ker dis e­we­re­dig ver­sprei en nie dik­ker in die hoe­kies nie. Bak nou vir 6 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond en laat dan heel­te­mal af­koel. Hou dit an­der­sins on­ge­bak in die ys­kas tot no­dig. 2 Maak die vul­sel K­lits die kon­dens­melk en suur­le­moen­sap en -s­kil saam op hoë spoed tot dik. K­lits die room­kaas om se­ker te maak dis nie te hard nie (an­ders maak dit stuk­kies in die vul­sel) en k­lits dan die kon­dens­melk­meng­sel ge­lei­de­lik by. Vou die room in en giet in die voor­be­rei­de kors. Sit in die ys­kas om te stol. Pak ’n la­gie ge­sny­de aar­beie op die kors voor­dat jy die vul­sel daar­oor giet vir ’n lek­ker ver­ras­sing wan­neer jy die tert sny.

Ver­ras­sing!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.