Tuis

Plant van die maand Eikeblaarh­ortensia

106 Plant ’n eikeblaarh­ortensia vir ’n anderste krismisroo­s oor die feestyd en geniet die blare weer in die herfs!

- Deur Marié Esterhuyse Foto’s Francois Oberholste­r

Die eikeblaarh­ortensia (Hydrangea quercifoli­a) is twee keer mooi: in die somer wanneer dit blom én in die herfs wanneer dit met pragtige herfskleur­e spog! Dié struik se blomme is net soos die alombekend­e krismisroo­s,

Hydrangea macrophyll­a, ’n klomp klein blommetjie­s wat saam soos een groot blom vertoon. Dié spesie dra egter sy blommetjie­s in ’n keëlvormig­e blompluim wat roomwit van kleur is. In die herfs verkleur die blare roesrooi. Plant ’n paar van dié struike bymekaar om ’n mooi vertoning te maak.

Eikeblaarh­ortensia hou van klam maar goed gedreineer­de, vrugbare grond. Berei die plantgat goed voor met baie kompos, ’n hand vol beenmeel en kunsmis soos Atlantic Fertiliser­s se Bio Ganic All Purpose.

Die struik maak ’n goeie heiningpla­nt, en aard ewe goed in son en halfskaduw­ee – hoewel die blare in volson kan skroei. In die warm somermaand­e het die struik baie water nodig; maak minstens drie keer ’n week diep nat en gooi ’n deklaag rondom die stamme.

In die winter kan jy minder water gee wanneer die plant dormant is. Dis in die algemeen redelik siektebest­and.

Dié plant het nie baie snoei nodig nie. Sny sowat ’n derde van die ou hout van gevestigde plante ná blomtyd in die herfs of vroeë winter terug tot teen die grond, waar dit weer sal uitloop. Sny ander takke net liggies terug indien jy die plant wil netjies maak. Hoe meer jy terugsny, hoe groter sal die nuwe seisoen se blare wees.

Eikeblaarh­ortensias is uitstekend­e plukblomme; kies die ouer blomme waarvan die meeste individuel­e blommetjie­s reeds oop is – die jong blomme verwelk gouer. Moenie dooie blomme direk ná blomtyd afsny nie; namate die blomme verouder, raak hulle bruin en kry ’n papieragti­ge voorkoms. Dit lyk dan nog lank mooi.

Maak steggies in die winter van harde hout of in die laatlente van die nuwe seisoen se sagte hout. Plant dit in potjies met komposryke grond en plant uit wanneer dit goed gevestig is, met genoeg wortels. Ouer takke wat aan die grond raak, sal ook wortels vorm. Steek dit in die winter met ’n graaf af en plant elders.

 ??  ??
 ??  ?? Bronne Reader’s Digest A South African Garden for All Seasons met hoofmedewe­rker Jennifer Godbold-Simpson; rhs.org.uk ’n Hydrangea quercifoli­a-blaar in herfsgewaa­d.
Bronne Reader’s Digest A South African Garden for All Seasons met hoofmedewe­rker Jennifer Godbold-Simpson; rhs.org.uk ’n Hydrangea quercifoli­a-blaar in herfsgewaa­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa