’n Vol ta­fel

Tuis - - LESERHUIS -

Kers­fees op die plaas wen­tel steeds om fa­mi­lie en goeie vrien­de, en T­hi­nus se vol­was­se dog­ters, Lin­die Bo­tha en haar man, Wic­kus, as­ook Lor­rai­ne van De­ven­ter en haar man, De Wet, en hul klein­span maak die ta­fel on­der Lang­fon­tein se koel­te­bo­me ge­sel­lig vol.

En dan is daar die vreug­de om vir Bil­ly, Mar­li­za se seun, by die huis te hê, want in die kwar­taal gaan hy tuis by ’n te­huis vir ver­stan­de­lik ge­strem­de vol­was­se­nes.

“Kers­fees saam met Bil­ly is be­son­der spe­si­aal, want hy is al­tyd ek­sta­ties. So­dra ons die eer­ste Kers­ver­sie­rings uit­haal, be­gin hy vra wan­neer kom Kers­va­der, en dit hou aan tot een van die skoon­seuns daai Kers­va­der­pak aan­trek,” ver­tel Mar­li­za. “So­lank as wat ons le­we, sal ons vir Bil­ly ’n Kers­va­der hê,” lag sy. >>

Van­jaar dek Mar­li­za haar fees­ta­fel (oor­kant) on­der die wit­stink­hout voor die ou plaas­skuur. Daar is iets van o­ral: lin­ne­ser­vet­te van Fran­se mark­te; bor­de uit C­hec­kers; kruie en blom­me in be­kers van Won­ki Wa­re, Big­gie Be­st en Pep S­to­res; en ’n vi­niel-kant­ta­fel­doek van Ba­by­lon­sto­ren saam met ou kris­tal en sil­wer. Om die draai wag die Van De­ven­ter-ge­sin: Lor­rai­ne, De Wet as Kers­va­der, en klein Lay­la saam met haar nig­gie Li­ka Bo­tha.

Bil­ly is gaan­de oor Kers­fees en straal be­hoor­lik as Lin­die vir hom ’n ge­skenk gee.

T­hi­nus kerf die ge­stop­te hoen­der. Ster­re van ge­sif­te meel (regs) dra by tot die at­mos­feer van fees­te­li­ke een­voud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.