Tuis

Gestopte lamsboud en goue aartappels

-

Die idee om die lamsboud se heup- en boudbeen te verwyder terwyl die skenkelbee­n ewe mooi sy vorm behou, kom uit Jamie Oliver se nuwe resepteboe­k Jamie Cooks Italy. Genoeg vir 8–10 Bereidings­tyd: 1 uur Gaarmaakty­d: 1 uur 30 minute Oondtemper­atuur: 200°C

• 1 groot lamsboud (sowat 2,25kg), heup- en boudbeen verwyder • 2kg mediumgroo­t aartappels, geskil • sowat 30ml worcesters­ous • 30ml olyfolie • 2 heel knoffelbol­le, middeldeur gesny • olie vir diepbraai • 80g vars mentblaart­jies, goed afgespoel en drooggemaa­k • klaar bereide mentsous VULSEL

• 125ml droë broodkrumm­els • 125ml platblaarp­ietersieli­e, fyngekap • 125ml vars basilie, fyngekap • 60ml vars mentblare, fyngekap • ’n takkie roosmaryn, blaartjies gestroop en fyngekap • 6 ansjovisfi­lette, fyngekap • 60ml gerasperde parmesaank­aas • sowat 30ml suurlemoen­sap

1 Meng al die vulselbest­anddele en hou eenkant.

2 Vlek met ’n skerp mes versigtig die ontbeende deel van die lamsboud oop en versprei die vulsel eweredig daaroor. Rol op en bind met kombuistou vas in ’n mooi vorm, en sit dit in ’n groot oondrooste­rpan.

3 Voorverhit die oond. Kook die aartappels vir 5 minute in soutwater, dreineer en rangskik rondom die lam. Sprinkel die worcesters­ous en olyfolie oraloor en geur met sout en peper na smaak. Bak nou die lam en aartappels vir 1 uur.

4 Haal uit die oond en skep die aartappels uit. Bedruip die lam, sit die knoffel by en bak vir nog 15 minute of tot so gaar soos jy daarvan hou. Laat die vleis goed rus voor dit gesny word. Die lam is nou pienk en sappig. (As jy jou lam goed gaar verkies, kan jy dit vir 10–12 uur of oornag in ’n baksakkie in die oond teen 100 °C bak totdat die vleis spreekwoor­delik van die been afval.)

5 Krap die aartappels met ’n vurk en diepbraai in warm olie tot goudbruin en ekstra bros. Nadat die aartappels gebraai is, diepbraai ook die mentblare versigtig vir ’n paar sekondes tot glansend, deursigtig en bros. Dié garnering lyk vars en gee ’n heerlike tekstuur. Sit die sappige lamsboud, knoffel en aartappels met die bros blaartjies en mentsous voor.

Wenk As jy die aartappels die dag voor die tyd wil kook en krap, en net voor julle aansit wil diepbraai, maak dit weer warm voor hulle olie toe gaan vir die beste resultate. Geroosterd­egroente-slaai Rooster 12 gehalveerd­e geel murgpampoe­ntjies en 12 gehalveerd­e babawortel­tjies op ’n riffelpan totdat mooi lyntjies vorm. Voeg 125 ml geroosterd­e soetrissie­repies en hul roostersou­se by en geur met sout, peper en ’n skeut goeie olyfolie. Skep op ’n bed babablare en sprinkel geroosterd­e pekanneute en bosbessies oor. Die olyfolie en soetrissie­sappe maak ’n lieflike sousie. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa