Room­yskran­se met in­ge­leg­de per­skes

Tuis - - LESERHUIS -

Ons is nie eint­lik groot na­ge­reg-e­ters nie, bui­ten tra­di­si­o­ne­le lek­ker­tes soos Jan El­li­sen mal­va­poe­ding. Ek is ook baie lief vir in­ge­leg­de per­skes soos my ma, El­len, dit ge­maak het, met I­de­al Milk of room­ys (of al­bei, soos hier). Ge­noeg vir 12 klein vorm­pies Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te, plus vries­tyd Gaar­maak­tyd: 15 mi­nu­te

• 60ml sui­ker • 125ml wa­ter • 2 li­ter room­ys, ef­fens sag • 125ml I­de­al Milk (be­hou die res van die blik vir voor­sit) • 1 fles in­ge­leg­de per­ske­helf­tes • me­rin­gue-skuim­pies • gem­mer­brood­koe­kies (op­si­o­neel)

1 Spuit die hol­tes van 12 si­li­koon­krans­vorm­pies met kleef­we­ren­de sproei. Los die sui­ker in die wa­ter op en bring tot kook­punt. Laat kook son­der om te roer tot­dat dit die kleur van heu­ning kry. Haal van die hit­te af en giet die ka­ra­mel­stroop op ’n vel bak­pa­pier op ’n bak­plaat uit en laat dit hard word.

2 Breek dan die har­de ka­ra­mel in splin­ters en s­trooi die helf­te on­der­in die vorm­pies. Meng die res van die splin­ters met die room­ys en I­de­al Milk en skep in die vorms. Sit in die vries­kas tot hard.

3 Om voor te sit, pak die uit­ge­dop­te room­yskran­se, goue per­skes, skuim­pies en koe­kies op a­par­te dien­bor­de so­dat gas­te hul­self kan help (of skep dit klaar saam in bak­kies) en sit die oor­bly­wen­de I­de­al Milk in ’n be­ker­tjie by vir skink – die per­fek­te so­mer­poe­ding!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.