Tuis

Ellen se ingelegde taaipitper­skes

Kos is op die tafel! Eric en Kathy se dogter Carmen skep op.

-

Genoeg vir 2 groot flesse Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: sowat 30 minute altesaam

• 3 koppies witsuiker • 2 groot inlê-flesse vol water • kaneelstok­kies (opsioneel) • sowat 20 ferm taaipit-geelperske­s, geskil, gehalveer en ontpit

1 Sit die suiker, water en kaneel in ’n groot kastrol en roer aanhoudend oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Laat dit dan oor lae hitte kook, sonder om te roer, totdat ’n ligte stroop vorm.

2 Voeg die perskes by en kook verder totdat die perskes sag is en die stroop verdik het (sowat 20–30 minute). Sterilisee­r intussen die flesse in kookwater. Skep deurgaans enige skuim wat in die kastrol vorm, met ’n lepel af. Haal die flesse uit die kookwater en pak die perskes mooi eweredig daarin. Vul op met die stroop. As daar enige skuim bo-op die gevulde flesse vorm, skep dit af. Verseël die flesse en laat rus onderstebo oornag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa