As ’n ge­sin wat graag o­ral stap of fiets­ry – hul­le voel so sterk daar­oor dat hul­le eers on­langs ’n mo­tor ge­koop het – was ’n

Tuis - - OPKNAP -

ei­en­dom in die hart­jie van Kaap­stad on­on­der­han­del­baar toe hul­le in 2016 ’n bly­plek be­gin soek.

Dit moes net ’n ha­ne­tree wees van waar hul daag­lik­se ak­ti­wi­tei­te hul­le ook al neem, en om­dat hul­le voor­stan­ders is van die “s­mall hou­se mo­vement”, wou hul­le graag ’n kom­pak­te huis hê. Geen pro­bleem in die Moe­der­stad nie!

Die T­hom­sons wou ook ’n be­kos­tig­ba­re ruim­te hê, ’n huis wat hul­le kon op­knap na hul smaak en om­skep in ’n ge­sin­stuis­te met hul eie kon­tem­po­rê­re styl.

Ná ’n soek­tog van ’n paar maan­de het Ian, ’n en­tre­pre­neur en hoof- uit­voe­ren­de be­amp­te van TooMu­chWi­fi, en Cey­lan, ’n be­stu­ren­de ven­noot by Craft+Graft op Dun­k­ley-plein, ’n klein Vic­to­ri­aan­se huis in Tui­ne ge­koop. Die lief­li­ke uit­sig op Ta­fel­berg, prag­ti­ge bin­ne­hof en de­tail soos 40 cm dik mu­re, 3,55 m hoë pla­fon­ne en oor­spronk­li­ke hout­vloe­re het hul hart ge­steel.

Maar ’n 100 jaar oue huis kom nie son­der sy pro­ble­me nie! “Die uit­leg was vreemd en el­ke ruim­te was af­ge­son­der van die res,” sê Cey­lan. “Ons het nie ge­hou van die nou gang met ver­trek­ke ag­ter deu­re weg­ge­steek nie; dit het al­les don­ker laat voel.”

Baie van die huis se lief­li­ke hout­vloe­re is uit­ge­haal en ver­vang met on­oog­li­ke grys te­ëls, en die paar­tjie het nie ge­hou van die kom­buis wat in ’n af­ge­son­der­de hoek van die huis was nie.

Se­we maan­de lank het hul­le bin­ne­mu­re uit­ge­breek en die huis se uit­leg per­fek vir hul leef­styl aan­ge­pas – al­les sorg­vul­dig be­plan rond­om die kom­buis en leef­a­re­as. Daar­na het hul­le dit ver­sier met ’n dui­de­li­ke vi­sie vir el­ke ver­trek.

“Nou is daar ge­mak­li­ke vloei tus­sen ver­trek­ke, daar kom goeie na­tuur­li­ke lig in en ons huis is ge­vul met goed wat ons na aan die hart lê,” sê Cey­lan. >>

Ian het die klei­ner kof­fie­ta­fel ge­bou met ’n ba­sis ge­maak deur Clas­sy Steel Clas­si­cs en ’n brons skink­bord wat hul­le ge­ërf het as blad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.