Tuis

[4] Beton

-

Ons ken sementmeub­els al jare lank, maar noudat sementvloe­re en grys verfkleure al hoe gewilder word, is dit ’n trendy toevoeging tot baie tuine. Style wissel van tradisione­el met swierige ouskool-kurwes tot kontemporê­r. Deesdae word meubels ook gemaak van polibeton

(sien kassie); dit lyk soos sement, maar weeg minder. “Sement is seker die enigste materiaal wat ’n leeftyd hou en ook beter lyk namate dit verouder,” sê Paolo Gosio van Ital Cement. “Dit vra so te sê geen onderhoud nie, en al besluit jy om te verf, hoef dit net elke 3–5 jaar opgeknap te word.”

VOORDELE Afhangend van die styl is sementmeub­els bekostigba­ar, maar uiters duursaam. Dis swaar, wat beteken sterk wind sal dit nie wegwaai nie en dis moeilik om te steel – wat dit ’n gewilde keuse vir vakansiehu­ise maak!

NADELE Die groot gewig maak dit ongelukkig ook moeilik om rond te skuif. Party mense hou nie van die voorkoms nie en dit kan koud wees sonder kussings.

ONDERHOUD Sement vra geen onderhoud nie en kan soos enige soortgelyk­e oppervlak skoongemaa­k word. As jy hou van die voorkoms van alge wat op die sement groei, moedig dit aan deur natuurlike jogurt aan die meubels te smeer; los dit vir ’n paar weke aan. As jy jou sement wil verf, wend eers ’n betonseëla­ar aan gevolg deur ’n waterbasis-emaljeverf vir buitegebru­ik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa