Tuis

So maak jy die kas ...

-

1

1 Saag die ente van al die 44 x 44 mm-sporte teen 3 grade (in teenoorges­telde rigtings). Plaas twee 1 800 mm-pote langs mekaar en maak merke 300 mm, 600 mm, 900 mm en 1 200 mm van die een ent af. Maak ook merke 44 mm van die ander ent af. Plaas die sporte soos volg tussen die pote: ’n 470 mm-sport by die 300 mmmerke, ’n 425 mm-sport by 600 mm, ’n 382 mm-sport by 900 mm en ’n 338 mm-sport by die 1 200 mm-merke. Plaas ’n 260 mm-sport op die ander ent by die 44 mm-merke. Lym en skroef die sporte aan die pote vas. Herhaal die proses met die ander sporte en pote.

Wenk Gebruik houtklampe om jou taak te vergemakli­k.

2

2 Plaas die twee “lere” parallel langs mekaar en skroef die 22 x 220 mmrakke op die onderste twee sporte vas (een voor en een agter). Skroef nou die gordynstok bo-op die boonste sporte vas. Maak heeltyd seker die lere is parallel. >>

3

3 Plaas een van die 22 x 44 mm-kruisstutt­e skuins oor die agterkant van die kas, gelyk met die onderste en derde sport, en klamp dit vas. Plaas die ander een dwars oor die eerste een en merk waar die twee kruis. Gebruik die rugsaag en beitel en verwyder die helfte van die dikte van elke stut (11 mm) sodat hulle in mekaar pas waar hulle kruis. Lym en skroef die kruisstutt­e nou in plek vas om die kas stewig te maak en saag die oortollige hout af. Vul alle skroefgate met houtvuller en laat dit goed droog word alvorens jy skuur.

4

4 Merk strepe op die pote met maskeerban­d en maak seker dis stewig geplak sodat die verf nie daaronder kan inloop nie. Verf oor die maskeerban­d (ons het Jane’s Jade gebruik). Wag tot die verf droog is en trek die maskeerban­d versigtig af. Herhaal met al vier pote of verf twee in ’n soliede kleur, soos ons gemaak het.

5

5 Vir jou geometries­e patroon, maskeer drie driehoeke en ’n vierhoek op een van die rakke (sien foto). Verf die middelste driehoek en die vierhoek in die twee ligste kleure (in ons geval Pebble Blue en Nade). LW Dit kan nodig wees om twee lae te verf. Wag tot die verf droog is en trek die maskeerban­d versigtig af.

6

6 Maskeer nou nog ’n driehoek sodat dit die geverfde vierhoek oorvleuel. Maskeer en verf die ongeverfde punt met die donkerste kleur (Comfort’s Blue) en laat die verf droog word.

7

7 Maskeer die basis van die driehoek wat jy pas geverf het en verf die punt wat die vierhoek oorvleuel in ’n effens ligter kleur as die vorige (Jane’s Jade). Trek al die maskeerban­d af sodra al die verf droog is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa