Tuis

[ WENKE VIR AFWERKING]

-

• Kies een vloerafwer­king vir die hele ruimte om eenvormigh­eid en visuele samehang te bewerkstel­lig – saamgestel­de hout of viniel met ’n houtvoorko­ms kan goed werk.

• Oorweeg deursigtig­e gordyne aan ’n gegolfde spoor as vensterafw­erking, met opsionele uitblok-rolblindin­gs. Dit sal ’n sagtheid verleen en skerp sonlig uithou.

• Hou die kleure van jou mure, vloerlyste en gordyne lig en neutraal om die vertrek so ruim moontlik te laat lyk en dit ’n tydlose gevoel te gee.

• Kies skoon en kontemporê­re meubelstuk­ke, ook in neutrale skakerings; voeg dan na hartelus kleur en tekstuur by met los matte, kussings en dekens.

• Moenie te veel fokusmure skep nie, want dit kan visueel steurend wees in so ’n oop ruimte. Lei die oog na net enkele sleutelele­mente, soos die kaggel.

• Donkerder granietbla­aie sal ’n sterk kontras met ander afwerkings vorm.

• Melamien is bekostigba­ar en te kry in ’n magdom kleure. Kies ’n liggrys vir die onderkaste en donkerder grys vir dié van die vloer tot die plafon. Kies vingergrep­e bo handvatsel­s – dit sal die skoon voorkoms afrond. KONTAK onnahdesig­n.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa